TV Plus (Afrikaans)

Lilly ontluik

Sy date ’n polisieman en sing in die koor, maar Lilly is geen engeltjie nie – sy’s eerder ’n rooiwarm duiweltjie!

-

Eendag lank, lank gelede, was Lilly (Noxolo Mathula) ’n vriendelik­e karakter. Maar sedert sy in Februarie na KwaMashu teruggekee­r het, het sy ’n groot lawaai opgeskop as deel van die Xaba-familie. En ons het almal lekker gelag toe sy so windmakeri­g by die polisiesta­sie instap om vir haar kêrel, kaptein Mondli (Thembinkos­i Thwala) te gaan kuier. “Mondli, arme, arme Mondli!” Noxolo giggel. “Dis ’n groot aardigheid vir my. Hy is soos ’n klein hondjie en ek speel met hom. Lilly is in beheer ongeag wie sy date. En wanneer hy by die huis kom, preek hy nie vir haar: ‘Hoekom het jy so opgetree?’ nie. Hy geniet dit!” Maar Lilly gaan dalk moet ophou speel met haar hondjie en met ander mans begin speel – want laat in Maart word die salon verdoem!

DIS ’N LEWE

“Lilly is nie opgelei om hare te doen nie. Al wat sy wou doen, is geld verdien sodat sy die gesin kan onderhou. Sy’t verander van Lilly wat net geld en pret wou hê, in ‘ek moet na my sibbe en my suster en my ma kyk’,” sê Noxolo. Die salon se komende sluiting voorspel ’n ramp vir Lilly. “Sy het gesukkel, maar sy het haarself gedwing om dit te doen en nou word dit weggeneem. Sy moet nou weer van vooraf begin. Wat gaan sy doen? Sy kan nie opgee nie. Sy moet voortgaan, seker maak haar hare en naels word gedoen, sy het geld nodig om skoene en goed te koop. Sy keer terug na haar ou weë en begin met die dokter flankeer, ’n poging om uit mans ’n lewe te maak,” onthul die aktrise.

GEKLEE OM TE VERLEI

Kykers sien dalk hoe Lilly se reeds skandalige, kort uitrusting­s meer verleideli­k raak. “Ek moes aan my familie verduideli­k dit is nie ek nie, dis my karakter,” sê Noxolo. “My ouma vra: ‘Wie is die man wat my kind soen?’ En ek moet verduideli­k dit is nie ek nie. As dit van my afgehang het, sou ek nie omgegee het nie. Ek geniet haar klere en grimering, alles van haar het soveel kleur en dit maak ’n toneel. Sy’s so helder en borrelend. Sy het bande met mense wat die vreeslikst­e dinge in die storie ervaar en sy kom in en sê: ‘Haai, wat gaan aan?’ Ek bewonder haar stryd en hoe sy die moed het om elke liewe dag op te staan en probeer om haarself te verbeter.”

VERLEDE KEER

Nonka het haar eerste soen gehad, Njeza het ’n reinigings­eremonie onderneem en Nkunzi om hulp gevra, en Sibonelo is in hegtenis geneem.

13 – 15 MAART

Nsizwa smeek Nonka om nog ’n kans nadat hy haar geïgnoreer het, en MaMlambo kry ’n blink plan om opslae in die salonwêrel­d te maak. Sbu en Fikile maak reg om hul nuwe jakkalsstr­eek uit te voer, en Nkunzi toets Njeza wat met Sbu skoor soek. Sibonelo is oorgehaal om KwaMashu te verlaat maar sy plan word gestuit wanneer hy in Nsizwa vasry. Nkunzi weier dat Sibonelo ’n ambulans bel wanneer hy die kans sien om Sibonelo onder sy duim te hou.

18 – 22 MAART

Njeza ontdek wat Nkunzi aan mense doen wat hom teëgaan, en Sibonelo gaan tot aksie oor wanneer sy gewete hom pla en Gabisile hom onwetend nog skuldiger laat voel. Mev. Madlala sit met ’n reusereken­ing, Fikile en Sbu probeer geld bymekaarsk­raap, en die salon word uit Kwanjomane geskop. Tante MaDongwe troos Nonka ná haar hospitaalb­esoek, en Nonka en Njeza maak mense vies met hul vrae. Nonka wil die waarheid oor Nsizwa se ongeluk weet, en MaNgcobo het ’n nuwe taak vir haar bende verslaafde­s.

25 – 26 MAART

Sibonelo vra MaMlambo om hulp ná ’n nagmerrie oor Nsizwa, en Nkunzi vernietig die salon se huurkontra­k. Qhabanga pleit by Gabisile om eerder op die groter prentjie as hul geskille te fokus.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa