TV Plus (Afrikaans)

Mzi se missie

Mzi kom tot die redding en help Bash om tronkstraf vir Bongi se moord vry te spring.

-

Die prokureur Mzi (Jesse Suntele) gaan nie eenkant staan en toekyk hoe sy vriend Bash (Siphiwe Mtshali) gestraf word vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie – nie solank hy sy eie appeltjie te skil het met die mens wat hy verdink nie. “Ál bewys wat die polisie teen Bash het, is dat hy eerste op die moordtonee­l was toe hy sy meisie Bongi (Thembi Seete) vroeër van-jaar in haar woonkamer gevind het waar sy van die plafon af gehang het,” verduideli­k Jesse.

Dit is aanvanklik as selfdood verklaar, maar ’n nadoodse ondersoek het gewys sy is bedwelm en toe gehang. “Bash het dit nie gedoen nie! Hy het Bongi liefgehad en Mzi wil help om die klagtes teen hom uit te wis,” sê Jesse. Mzi glo Bongi se sakemededi­nger David (Jamie Bartlett) is die skuldige omdat “hy deur haar dood bevoordeel word. Hy’t al lank sy oog op haar platemaats­kappy Red en met haar uit die pad, is hy die nuwe baas, wat meer geld vir David beteken,” sê Jesse. Mzi delf na bewyse om David te ontmasker want “hy soek geregtighe­id vir Bash. Mzi sal nie rus voor David agter tralies is nie.”

WIE IS SKULDIG?

Om aan Bash sy vryheid te gee is nie ál rede waarom Mzi oortyd werk om David te ontmasker nie – hy het ’n bymotief, sê Jesse. “Mzi wil met David afreken omdat hy Mzi se verhouding met David se dogter Pearl (Petronella Tshuma) vernietig het,” sê Jesse. Omdat David nooit van Mzi gehou het nie, kon hy die idee dat Mzi en sy dogter verlief is nie verduur nie – sy kan liewer in die tronk wees as in Mzi se arms. Hy het die twee uitmekaar gekry deur Pearl in Desember verlede jaar vir ’n tref-entrap-ongeluk te laat arresteer. Soos David gehoop het, het Pearl Mzi gelos omdat sy nie wou hê hy moes haar in die tronk sien nie. “Met al die kontakte wat David het, kon hy sy dogter maklik uit die tronk kry,” sê Jesse, want David is vriende met korrupte polisieman­ne wat van Pearl se dossier ontslae kon raak. “Maar as sy in die tronk is, kan Mzi en Pearl nie saam wees nie.”

DIE DRYFVEER

Mzi mors nie tyd nie en “toe Bash op borgtog vrygelaat word, gaan Mzi na David se kantoor met die hoop om iets te kry wat op ’n motief vir moord dui”, sê Jesse. Mzi wil hê Bash moet hom help om Pearl uit die tronk te kry so gou as wat hy vrygespree­k is. “Mzi is desperaat om met Pearl herenig te word, maar hy moet eers vir David uit die pad kry sodat hy nie weer sy verhouding kan vernietig nie,” onthul Jesse.

VERLEDE KEER

Bash het probeer bewys hy het nie sy meisie Bongi vermoor nie, Dumi het weer by die 68bende aangesluit, en Reneilwe het dit oorweeg om bande met haar pa, Sello, te verbreek.

13 – 15 MAART

Die rouklaers is ontstoke wanneer Bash by Bongi se begrafnis opdaag, en Sabelo jok vir sy bure oor wat aangaan met die ooremosion­ele Dumi. Kop is woedend wanneer Reneilwe se sibbe Keabetswe en Lefa sy taxi steel, en Sabelo verklaar oorlog teen die 68’ers weens die veranderin­g in Dumi. Mzi draai teen David nadat hy uitvind David is vir Bongi se moord verantwoor­delik, en Dumi waarsku Sabelo om weg te bly van sy bende.

18 – 22 MAART

David moet van voor af planne maak om Mzi te hanteer, en Sindiswa probeer met Dumi praat ná sy hom by die 68’ers sien. Lerato betrap Mzi wat in David se kantoor vir bewyse soek, Dumi word gevang met ’n vuurwapen in sy skoolsak, en Kop oorweeg dit om Keabetswe en Lefa uit sy huis te gooi weens hul afstootlik­e gedrag. Mapula is in trane wanneer sy hoor Dumi is deel van ’n kriminele bende, en Mzi wil seker maak Bash se naam word in ere herstel.

25 – 26 MAART

Dumi smeek sy jonger sus Dineo om nog een van die bende se geheime te bewaar, en David beplan ’n laaste aanslag op Mzi.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa