TV Plus (Afrikaans)

Gesoek: lewend of dood

Romeo soek die een mens wat Mthunzi vir altyd kan vernietig – Chichi.

-

Mthunzi (Bongile Mantsai) se oorspronkl­ike misdaadmaa­t en minnares Chichi (Mbonisi Mahonondo) is op die vlug sedert Mthunzi haar tydens Siseko Langa (Hlomla Dandala) se begrafnis in Augustus 2018 probeer vermoor het. Sy lewe in vrees vandat dit bekend geword het sy leef. Sy het ’n nuwe vyand gemaak toe sy Mthunzi se teenstande­r Romeo (Hungani Ndlovu) ingeloop het met ’n spul kontant voordat sy hom bedrieg het en weer, net voor Mthunzi se troue in November 2018, verdwyn het. Nou wil Romeo, wat bereid is om die vorige verraad af te skryf, ’n vreesbevan­ge Chichi oorreed om Mthunzi te ontmasker vir die monster wat hy is wanneer hy haar opspoor. Dis ’n bekentenis wat haar net so maklik kan doodmaak as wat dit haar kan bevry.

OORREDING

“Romeo probeer haar die groter prentjie laat sien, dat Mthunzi verantwoor­delik is vir alles wat gebeur het. Chichi het baie verloor en sy vlug vir hom,” verduideli­k Mbonisi. “Chichi is woedend, sy’s bitter en sy het ’n wrok. En hy het haar probeer vermoor, die man wat sy so liefgehad het. Hy het net probeer om haar van die aarde af te vee. Sy is deur hel en sy kruip gedurig weg. Soms moet sy haarself vermom en hoop niemand kry haar nie. Chichi het niemand nie en sy dra die las van die leuens wat sy vertel het, die geheim dat sy ’n man vermoor het.”

’N SAAK VAN VERTROUE

Om haar vrese te bevry is belangrik vir Chichi, maar dit beteken nie sy is gereed om nou al die waarheid te vertel nie. “As die waarheid oor hoe Siseko dood is bekend word, kan Chichi tronk toe gaan,” sê Mbonisi. “Mthunzi kan dit regkry om haar die keer te vermoor as sy sou kies om saam met sy grootste vyand teen hom saam te sweer. Chichi is ’n bedreiging vir Mthunzi. Sy’s een van min mense wat die waarheid oor sy agtergrond ken, wie hy is, waarvandaa­n hy kom, wie sy ma is. As Romeo haar in die hande kry sal dit net ou wonde oopkrap. Ek voel so jammer vir haar!” sê die aktrise.

Wat sou Mbonisi doen? “As die waarheid uitkom, kan sy uiteindeli­k ’n bietjie vrede hê. Dit kan ironies wees om te sê sy moet geregtighe­id kry, want sy het ook ’n misdaad gepleeg, maar hei, sy behoort wraak te neem! Sy moet alles doen om haar gees gesond te kry.” Maar Mbonisi waarsku Chichi kan Mthunzi nog nie vastrek en weggaan nie. Planne werk nie altyd uit nie – en wie weet dit beter as die arme Chichi.

VERLEDE KEER

Lindiwe het Rex bedwelm en Quinton oorreed om ’n plan uit te dink om Mary te red. Ingrid het ’n nier aan Shannon geskenk, en Ndumiso het beplan om Chillax te koop.

13 – 15 MAART

’n Swangerska­p-aankondigi­ng gee aanleiding tot vrees en ekstase, en Romeo skets ’n angswekken­d akkurate prentjie vir Chichi. Neo se beledigend­e aanbod laat Ndumiso nuwe keuses oorweeg, en ’n vrou wat altyd gretig soek na ’n manier om geld te kry spring aan boord. Lindiwe is in onguns maar reik uit om Mary te troos, en Shannon en Ingrid het ’n sibbe-oomblik.

18 – 22 MAART

Romeo voel sy plan om Chichi te gebruik glip deur sy vingers en hy moet noodgedwon­ge vir sy ma lieg. Mthunzi kry ’n ontstellen­de boodskap, en Zinzile sukkel om haar studies geheim te hou, maar tussen haar werk, die huishoudin­g, haar familie en studies kry sy dit nie reg nie. Gloria stuur Kgosi om te gaan spioeneer wanneer sy besef Ndumiso voer iets in die mou, en almal wil ’n deel daarvan hê.

25 – 26 MAART

Romeo begaan ’n flater in sy pogings om Mthunzi te vang, en geheime en leuens maak die mense in die Ngema-huis kwaad.

 ??  ?? Romeo moet Chichi opspoor. Chichi het ernstige bedenkinge oor haar veiligheid.
Romeo moet Chichi opspoor. Chichi het ernstige bedenkinge oor haar veiligheid.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa