TV Plus (Afrikaans)

Julle verdien mekaar

Hulle pas! En nou is daar vonke wanneer die nare paartjie Jack en Zitha in die bed spring.

-

Die konstruksi­e- entreprene­ur Zitha (Zoe Mthiyane) stort nie ’n traan nie ná haar voormalige kêrel Smanga (Moopi Mothibeli) haar gelos het omdat sy hom in Januarie fisiek en geestelik misbruik het – sy het blitsvinni­g aanbeweeg. “Zitha is moeg daarvoor om sleg te voel omdat sy hom seermaak. Sy is gereed om ’n nuwe blaadjie om te slaan en haar lewe terug te vat,” sê Zoe. Sy bons hard terug, reg in die arms van haar genadelose sakevennoo­t Jack Mabaso (Vusi Kunene). “Een oomblik gesels hulle oor werkstrate­gieë en die volgende minuut waai hul klere,” voeg die aktrise by. En al is Zitha gereed om dit af te skryf as blote seks, het Jack ander planne. “Hy vra Zitha om in te trek!” onthul Zoe. Maar haar hart trek in twee rigtings.

HOU JOU VYANDE NABY

“Zitha is onwillig om so gou so ’n groot stap te doen. Hulle ken mekaar nie so goed nie, en afgesien daarvan is sy steeds woedend nadat Jack erken het hy het haar pa, Zola (Mutodi Neshehe), in 2015 vermoor,” sê Zoe. Zitha weet nie wat om te doen nie: moet sy haar belofte nakom om Jack te vernietig en haar pa se dood te wreek, of sal sy haar selfsugtig­e ambisies volg en saam met Jack werk om nader daaraan te kom om die wêreld oor te neem? Wel, om by Jack in te trek kan albei doelwitte dien. “En hoe sal hy haar keer om wraak te neem ná hy haar in sy huis ingenooi het?” vra die aktrise.

HARTAANVAL

Die ander helfte van Zitha se hart sou impulsief wou optree, op Jack verlief raak en ervaar hoe dit is om weer in ’n verhouding te wees. “Sy wil gelief en gewaardeer voel. Zitha het nog nie teerheid van ’n man ervaar nie behawe van romantiese ouens,” sê Zoe. “Dis alles te wyte aan haar pa-probleme. Zitha glo sy het nie die kans gekry om ’n verhouding met Zola te ontwikkel nie, en haar woede kan Jack seermaak soos sy met Smanga gedoen het.” Maar is dit regtig ’n probleem?

JACK = DOELWITTE

Daar is ’n derde faktor: Jack het baie mag en invloed. Hy ken baie mense wat vir Zitha geleenthed­e kan bied om haar konstruksi­emaatskapp­y te laat groei. En al is Zitha slim en kan sy haar besigheid bestuur, het sy in die verlede gesukkel om haar menings oor te dra want sy het geen steun van haar kollegas gekry nie. “Haar manlike eweknieë het neergesien op haar, maar met Jack se kennis en kontakte kan haar stem gehoor word,” sê Zoe. “Sy is magshonger en met Jack aan haar sy kan sy die respek kry waarna sy hunker.”

VERLEDE KEER

Tshidi wou hê haar man Gadaffi moet met hul aangenome seun Mpho oor die weg kom, Wandile is oor die juweelroof­tog ondervra, en Zitha het ’n bondgenoot van Jack geword.

13 – 15 MAART

Iemand sien Sphe en Skhumbuzo saam en rapporteer hul onwettige besigheids­transaksie aan die polisie, en Tshidi is weer aan haar sakevennoo­t Ayanda se verkeerde kant. Zitha en Jack slaap saam, en Tau se planne om sy advertensi­e-en-bemarkings­maatskappy uit te brei, kry van alle kante af teenstand. Speurder Pele het die lasbrief waarop hy gewag het, en ’n verrassing wag vir Zondiwe by haar woonstelbl­ok. Skhumbuzo jok en sit die polisie op Sphe se spoor vir hul onwettige ondernemin­g, en Gog’Flo eet ’n dwelmkoeki­e.

18 – 22 MAART

Smanga en Ayanda moet hulself bewys, en wanneer Cosmo se baas, Gadaffi, hom uitvra oor die mislukte rooftog, is daar nie wegkomkans nie. Zondiwe se nuwe rykwordske­ma kan haar agter tralies laat beland, en Tshidi oorweeg dit om teen Gadaffi te getuig wanneer die polisie aan haar deur klop. Lucy is omgeëllie wanneer Cosmo haar in kruisverho­or neem, en Wandile hoor ’n privaat gesprek. Die Diales sukkel om ’n video te skiet, en Gadaffi probeer Sphe red deur die bewyse teen haar te verdoesel.

25 – 26 MAART

Tau storm paniekerig by sy kantoor uit ná ’n oproep, en speurder Pele bel die moordverda­gtes om hom by die polisiesta­sie te ontmoet.

 ??  ?? Smanga is ’n kolletjie in Zitha se truspieëlt­jie.
Smanga is ’n kolletjie in Zitha se truspieëlt­jie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa