TV Plus (Afrikaans)

Maak my ’n moeder

Mpho wil haar hare uit haar kop trek wanneer die voorvaders dit duidelik maak: jy gaan nie ’n koninklike baba hê nie.

-

Toe Mpho Azwi Rambuda) in 2017 die eerste keer na Thathe gekom het en met Hoofman Azwindini (Gabriel Temudzani) getrou het, was ’n gesin die laaste ding in haar gedagtes. Maar dinge het verander, verduideli­k Azwi. “Sy het eers haar beroep as model vooropgest­el. Die res sou volg.” Maar terwyl Mpho gewag het vir die regte tyd om die loopplank te verlaat en kinders te hê, het Livhuwani (Anzani Tshivhase) inDesember ’n affair met Azwindini gehad, en toe ’n baba. Mpho het haar voorvaders hoor roep en huis toe gekom, maar haar man het haar nie gretig ingewag nie. “Sy het nie van die idee gehou dat hy ’n ander vrou soek nie. Sy wil al sy aandag hê en met ’n baba sal hy net vir haar oë hê,” sê die aktrise. Maar net omdat Mpho swanger wil raak, beteken dit nie dit gaan gebeur nie.

MEDIESE RAAISEL

Die koninklike sangoma, Mulimisi (Humbulani Tsharani), vertel Mpho sy sal nie haar plig teenoor die hoofman kan nakom nie. “Toe sy met die hoofman getroud is, is sy ingelig sy is ’n dzekiso-vrou: sy’s daar om geboorte te skenk aan die volgende hoofman,” sê Azwi, wat in die regte lewe ’n ma is. “Om nie kinders te kan hê nie, laat staan nog ’n seun, gaan ’n probleem wees en ’n nuwe dzekiso sal haar plek inneem.” Dit verduideli­k Mpho se uitbarstin­g oor Mulimisi se boodskap van die voorvaders. Mpho wend haar uit wanhoop tot die eerste vrou, Susan (Mahumela Mahuwa), en vra sy moet saam met haar na ’n vrugbaarhe­idskliniek gaan vir toetse. Die raadgewers raak intussen ongeduldig omdat Mpho nie swanger raak nie en waarsku haar oor haar lot as sy nie haar plig nakom nie: sy sal vervang word met ’n vrou wat aan die hoofman ’n seun kan gee.

BONATUURLI­KE INSPRAAK

Mpho bestee baie tyd aan seremonies en rites vir die voorvaders en eis antwoorde oor waarom hulle haar so toets, deur nie swanger te raak nie. Sy wou nie kinders hê toe sy met Azwindini getroud is nie “en sien dit nou as ’n straf”, sê Azwi. “Mulimisi bring ’n tweede boodskap: sy moet na die voorvaders luister. Dit is die enigste genesing. Ten minste die enigste kuur nou.” Azwi se lippe is geseël oor wat met Mpho gaan gebeur, maar om nie ’n kind te kan hê nie, het nog geen sepiekarak­ter gepla nie. Daar’s ’n paar slenters, van ’n swangerska­p versin tot die diefstal van ’n pasgebore baba – niks is buite die kwessie nie. Veral as Mpho se gemaklike leefstyl daarvan afhang en sy uit die koninklike huis geskop kan word.

VERLEDE KEER

Rendani het uitgevind Skhu se oproepe was van geldskiete­rs en nie geheime liefdes nie, en Vho-Makhadzi is terug in Thathe.

13 – 15 MAART

Mpho besluit om hoofman Azwindini te los nadat sy die uitslag van haar vrugbaarhe­idstoetse kry, en Marang moet ’n moeilike keuse maak wanneer KK en James albei hul liefde aan haar verklaar. Moliehi hoop tyd kan haar en James help om hul huwelik te red, en Skhu is te trots om Rendani se hulp te aanvaar wanneer sy uitvind hoe diep sy geldskuldp­ut is.

18 – 22 MAART

’n Hartseer Mpho probeer haar kop hoog hou ná die oudstes se voorgestle­de oplossing vir haar vrugbaarhe­idskrisis haar op ’n pad stuur waar die oudstes en voorvaders gaan koppe stamp. James en Marang se geheim is uit wanneer die inmengerig­e Moliehi hul wegglipses­sie aan KK verklap, en KK slaan James nadat Moliehi vir hom foto’s van James en Marang wys. Rendani ontdek benewens onbetaalde rekeninge het Skhu nog nie sy water en ligte betaal nie. Eric het ’n reddingsbo­ei vir Skhu maar daar is voorwaarde­s, en Skhu se minderwaar­digheidsge­voel ruk sy verhouding met Rendani nog verder.

25 – 26 MAART

Die swangerska­pdrama dryf ’n wig in die koningshui­s, en Marang verbreek haar verhouding met KK maar dinge is nie so eenvoudig nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa