TV Plus (Afrikaans)

MARNO GRYP NUWE GELEENTHED­E AAN

-

“Ek onthou ek het net klaar geskiet aan die reeks Sterlopers (2014-2016) en die film Modder En Bloed (2016), toe ek die oproep gekry het om by Roer Jou Voete aan te sluit,” sê Marno. “Die filmskedul­e was streng en ek onthou hoe ek saam met die hoenders moes opstaan om betyds op die stel te wees. Boonop was ek elke aand tot laat in die musiek-ateljee besig om liedjies vir my album, Kalm Jou Army (2016), op te neem.”

Sedertdien het ons Marno gesien in gasrolle in die sepies soos 7de Laan (2000-nou) as die skurk Ruan (in 2017) en in Getroud met Rugby (2016-nou) was hy in 2018 die verleier Renaldo. Daarna het hy besluit om hom eers op sy sangloopba­an toe te spits en minder toneel te speel.

Maar sy fokus het verskuif. Hy het die kans gekry om sy passie vir ’n gesonde leefwyse in ’n besigheid te omskep en het intussen Kaap toe verhuis. “Die besigheid is nog in sy kinderskoe­ne, maar dit behels die verkoop van gesondheid­sprodukte aanlyn.”

Marno se liefie, die aktrise Loriska Bubb (foto bo), wat van 2013 tot 2014 Kristen in 7de Laan was en ook haar eie sangloopba­an het, is sy grootse ondersteun­er. Marno is nie daaroor bekommerd dat hulle ’n langafstan­dverhoudin­g het nie. “Ons het mekaar al weens ons werkskedul­es weke lank nie gesien nie, en dit het ons nie van mekaar af weggedryf nie. Ons is toegewyd aan mekaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa