TV Plus (Afrikaans)

Moeilikste tyd

Vir Ray Donovan wag daar ’n moeilike seisoen wanneer hy sy vrou se kanker beveg, sy molesterin­g en die Russiese mob.

-

Ray Donovan Seisoen 4 Woensdae e.tv (*194) 22:00 (begin 20 Maart)

Aan die einde van seisoen 3 vind ons Ray by die punt waar hy so verslaan en gebroke is dat hy bereid is om te bieg en vergifnis te vra, onthul Liev Schreiber, wat die hoofkarakt­er Ray speel in die bloedige dramareeks Ray Donovan (2013-nou). Dit klink nie heeltemal soos die genadelose, gewelddadi­ge fixer wat ons leer ken het nie, maar dis waar Ray is aan die begin van seisoen 4. “Ons het nog nooit gesien hy aanvaar hy is mishandel deur ’n priester wat hom eintlik moes beskerm nie. Ons sien hoe Ray uitrafel. Alles wat hy gedoen het, die leuens, die verneukery, die moorde . . . alles was ‘mak’ vir hom in vergelykin­g met om in ’n kerk te wees en iemand te vertel hy was eens swak en broos en dat hy misbruik is,” sê Liev. Om sy swakheid te aanvaar maak Ray gevaarlike­r. Vergeet van hoe swak hy begin; dis sy bose klaarmaak wat die seisoen gaan tel.

HERSTEL-ROTSSTORTI­NG

In sy gedagtes gaan alles oukei wees, sê Liev – behalwe vir een persoon. “Sy vrou Abby (Paula Malcomson) gaan van haar kanker herstel en hulle sal aan hul verbrokkel­de huwelik werk. Sy dogter

Bridget (Kerris Dorsey) gaan terugtrek huis toe en Conor (Devon Bagby) sal hom gedra . . . almal gaan oukei wees, behalwe Ray.” Deur na slagofferv­ergadering­s te gaan soos sy broer Bunchy (Dash Mihok), bevraagtek­en Ray sy gewelddadi­ge maniere, maar nie vir lank nie. “Ray het meer as dertig jaar vir sy geheim dat hy mishandel is gevlug. Hy kon geweld gebruik om sy sin in besigheid te kry en meer suksesvol te word.” Maar soos hy na meer mishandels­tories luister, besef hy hy wil nooit weer in so ’n posisie wees nie en dit maak hom nog kwater. “Hy is teen die seisoen se einde [episode 12, wat in Junie uitgesaai behoort te word] 180 grade die teenoorges­telde ou,” sê Liev. Dis nie ’n gemaklike plek nie en die mense wat Ray die meeste vertrou, sy sakevennot­e Avi en Lena [Steven Bauer en Katherine Moennig], draai teen hom want hulle kan nie meer sy genadeloos­heid verduur nie. “Teen episode 12, wanneer hy dit die nodigste het, het hy dalk niemand wat by hom staan nie,” voeg Liev by.

Iets wat kykers sal merk wat vanaf episode 1 van die seisoen verander het, is Ray se band met sy pa, Mickey (Jon Voight). Weg is die toon in Ray se stem van “ek gaan jou met my eie hande doodmaak”. In die plek daarvan is daar ’n groter begrip in sy manier van praat. Moenie dit verkeerd verstaan nie: Ray het Mickey nog nie vergewe vir of vergeet wat hy gedoen het nie, soos dat hy hom as kind geslaan het of hom by konkelwerk betrek het; hy is net effens gawer met sy pa weens sy probleme met die weerbarsti­ge Conor.

MANIPULEER­DER

En Ray is reg om Mickey steeds nie ten volle te vertrou nie – selfs wanneer hy voor ’n figuurlike koeël vir Ray instap in episode 6 (24 April), is daar ’n verskuilde agenda. “Dis tipies Mickey,” sê Jon. “Daar is niks wat hy doen sonder dat dit vir hom voordelig is nie. So om tronk toe te gaan, om die blaam te aanvaar vir die seisoen 3-skietery op die Minassian-misdaadfam­ilie is gerieflik vir hom. Ray doen wat hy kan om sy pa binne te beskerm, want Mickey het hom tronktyd gespaar, maar Mick is ’n ou hand in die manipulasi­espel. Selfs al kry hy nie sy sin nie sal hy al glimlaggen­de daar uitkom. Hy veins selfs inkontinen­sie en seniliteit. Hy het almal om sy pinkie gedraai, ook sy seun.”

BLOEDBROER­S

Tog is daar een ding waarop Ray kan reken: sy broers Bunchy en Terry (Eddie Marsan), al verloop dinge nie altyd vlot nie, verduideli­k Eddie. “Hulle kan mekaar nou in die bokskryt slaan dat die bloed loop en netnou oor iets lag wat hulle op laerskool gedoen het. Hulle stem beslis nie oor alles saam nie, maar hulle is broers. Hulle is van dieselfde bloed en dit bind hulle.”

Met Ray wat ontstellen­de geweld by die werk gebruik terwyl hy sy verbrokkel­ende familie bymekaar probeer hou, sy broers wat in hul eie moeilikhei­d beland en hul pa wat steeds agter tralies konkel, is dit ’n maak- of-breekseiso­en vir die Donovans. “Dis waarskynli­k emosioneel die moeilikste tyd van sy lewe,” sê Liev. “Ek weet nie hoe hy bly leef nie. Dis ’n moeilike seisoen om te kyk. My karakter rafel heeltemal uit,” sê Liev.

 ??  ?? Ray en sy familie (van die voorste ry agtertoe): sy vrou, Abby, en pa, Mickey, en sy broers Bunchy, Terry en Daryll.
Ray en sy familie (van die voorste ry agtertoe): sy vrou, Abby, en pa, Mickey, en sy broers Bunchy, Terry en Daryll.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa