TV Plus (Afrikaans)

Met reën of sonskyn

Hoe meer, hoe vroliker wanneer ’n beroemde TV-gesig by die kroegbriga­de in It’s Always Sunny In Philadelph­ia aansluit.

-

It’s Always Sunny In Philadelph­ia Seisoen 13 Vrydae M-Net (*101) 22:40 (begin 22 Maart)

Wanneer die kat weg is, is die muis baas by Paddy’s Pub in die komedie met die lang speelvak It’s Always Sunny In Philadelph­ia (2005-nou) seisoen 13 – of ten minste vir ’n rukkie. In episode 1 maak “die gang-”personeell­ede Charlie (Charlie Day), Dee (Kaitlin Olson), Mac (Rob McElhenney) en Frank (Danny DeVito) amok noudat Dennis (Glenn Howerton) verhuis het om gesin- gesin te gaan speel. Die baasspeler­ige mede-eienaar van Paddy’s het in seisoen 12 se slotepisod­e (in 2017) uitgevind sy een nag van passie in ’n ander deelstaat het ’n baba opgelewer en die ma sou toelaat dat hy by haar intrek. “Die viertal dink hulle is ontslae van hom,” waarsku Glenn. “Maar Dennis is nie die vaderlike soort nie. Hulle kry hul vryheid van vyf minute maar niks meer nie.”

MAAK PLEK

Glenn is een van die uitvoerend­e vervaardig­ers en lid van die skryfspan, wat die rede is hoekom fans hom vertrou toe hy op sosiale media laat weet het hulle moenie bekommerd wees dat sy karakter nie meer die middelpunt van elke episode is nie. Sy boodskap lui: “Ons het ’n plaasverva­nger vir Dennis en sy gaan hom waarde vir sy geld gee.” Hulle hoef nie lank te gewag het nie om uit te vind wie Paddy’s bestuur – dis Cindy (Mindy Kaling, Mindy in The Mindy Project, 20122017 – Glenn het vir 13 episodes Cliff Gilbert in Mindy se reeks gespeel). Cindy is anders as Dennis van die oomblik dat sy by die deur instap in episode 1 en dis goeie nuus vir haar personeel, want dit gee die gang die vertroue wat hulle onder Dennis kortgekom het. “Sy’s geduldig en regverdig met hulle,” sê Mindy. “Maar om die ouens ruimte te gun om hulself te wees is die begin van die einde. Die een ou koop selfs ’n sekspop wat soos sy vorige baas lyk.”

LIEFIE, EK’S TUIS

Dennis besef hy’s nie gereed om ’n pa te wees nie en keer aan die einde van episode een terug en herstel die status quo. Hy het vier volwasse kinders wat vrye teuels in Paddy’s het, sê Glenn. “Hulle het byna die kroeg tot op die grond afgebrand. Hy kan nie sy rug vir twee sekondes draai nie, dan loop iets skeef. Hy moet met die ‘kinders’ afreken voor hy regtig ’n pa is. Miskien sal dit in seisoen 14 gebeur. Ons skryf dit nou . . .”

 ??  ?? Die gang (van links): Mac, Frank, Dennis, Dee en Charlie.
Die gang (van links): Mac, Frank, Dennis, Dee en Charlie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa