TV Plus (Afrikaans)

Die probleem-ma

Alles wat ons tot dusver gesien het in Mom is net ’n voorsmakie – seisoen 5 gaan na splinternu­we uiterstes.

-

Mom Seisoen 5 Weekdae Vuzu (*116) 18:30 (begin 25 Maart)

Ma’s is onder druk as die koninginne in die familiekas­teel en omdat hulle “toegelaat” word om gebreke te hê is dit wat Mom (2013-nou) soveel pret maak, sê Anna Faris, wat die hoofkarakt­er Christy speel. “Ek krimp elke keer ineen wanneer ons nuwe tekste lees. Niks is taboe nie. Christy het ’n drankprobl­eem gehad. Sy was ’n tienerma, haar huwelik het misluk. Sy het ’n slegte verhouding met haar mede-drankslaaf­ma, Bonnie (Allison Janney), gehad toe ons haar ontmoet. Christy is teen die einde van seisoen 1 ’n ouma wanneer haar tienerdogt­er swanger raak. Dis gek.”

Die sitkom pak sosiale sake en Anna sê “om nie agter ’n ou aan te hoef loop nie is wonderlik. In ons reeks is mans nie die begin en einde van alles nie. Dit gaan alles oor ma-wees. Om dinge te hanteer waardeur niemand anders as ’n ma gaan nie.” As jy seisoen 5 in 2018 op M-Net misgeloop het weens onaangekon­digde roosterver­skuiwings en produksieb­reke kan jy Mom weekdae op Vuzu kyk. Hier’s van Christy en Bone se beste (en ergste) oomblikke tot dusver.

Seisoen 1 episode 3 Christy vind 1 uit hoe ongemaklik dit is om met mans uit te gaan, en sy’s nugter.

Seisoen 2 episode 13 Christy moet 2 haar ma vertroetel, wat soggens oor haar ou se dood treur. Dit ontstel Christy om haar ma so swak te sien.

Seisoen 3 episode 6 Bonnie en 3 Christy begin drink wanneer hul AA-vriend die bottel gryp en haar geluk verbeter. Dan besef hulle hulle is te oud vir ’n babbelas en word nugter. Seisoen 4 episode 6 4

Christy voel soos ’n mislukking wanneer haar kinders Violet en Roscoe (Sadie Calvano en Blake Garrett Rosenthal) dwelms en alkohol misbruik al het hulle haar sien swaarkry.

 ??  ?? Christy (links) en Bonnie is terug vir ’n ononderbro­ke seisoen 5.
Christy (links) en Bonnie is terug vir ’n ononderbro­ke seisoen 5.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa