TV Plus (Afrikaans)

Alaskan Bush People

Seisoen 4 Discovery (*121) 20:00 Realiteit

-

Die Brown-familie is terug met hul oorlewings­reeks Alaskan Bush People (2014-nou) waar hulle die landelike Alaska vir die ewe koue staat Washington verruil. By realiteits­reekse is daar altyd gerugte dat hulle tekste het, maar dié een het die hoofopskri­fte gehaal want “daar is te veel probleme en dinge wat na vore kom”, sê die vermaakjoe­rnalis en realiteits­reekskenne­r Donn Saylor. “Dis klein goedjies soos hul geskiedeni­s in Alaska en selfs hul name – dit lyk of die reeks nie so eg is as wat hulle kykers wil laat glo nie.”

Hulle is nuut in Alaska Pa Billy en 1 ma Ami het maar sedert die laat 1980’s in die ysige toendra gebly, nie geslagte lank soos hulle voorgee nie. Voor dit was Bill ’n ryk kind van Texas.

Hulle het “verhoog-” name Billy, 2 Matt, Noah en Gabe is eg – hul name op hul ID-kaart is Billy, Matthew, Noah en Gabriel. Maar wanneer jy van Birdy, Bear en Bam Bam hoor, dis opgemaak. Hul regte name is Amora, Solomon en Joshua Brown. Rainy se naam is Merry Christmas Kathryn Raindrop.

3 Woon in die boendoe Al lyk dit of die Browns dagreise ver van die naaste dorp is, is hulle 20 km buite Juneau, een van Alaska se grootste stede, en hulle pos daagliks op sosiale media. Wi-Fi in die wildernis? Hmmm.

Behuising Volgens die plaaslike 4 mense is die Browns se huis vir die reeks gebou en hulle “woon in iets minder hutagtig op ’n plaas. Ná verfilming woon hulle in die deftige Icy Strait Lodge,” het ’n bron onthul.

Lippe wat lieg Fans wat in Alaska 5 bly sê die Brown-familie klink nie eens Alaskaans nie. “Hul aksent bestaan net in hul familie,” het @OliveCorkP­ear getwiet. “Dis nie eg nie.”

 ??  ?? Bill, Ami en hul kinders.
Bill, Ami en hul kinders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa