TV Plus (Afrikaans)

Lip Sync Battle

Seisoen 3 SABC1 (*191) 18:00 Realiteit

-

Die verskil tussen Lip Sync Battle (2015nou) en ander musiekreal­iteitsreek­se soos The Voice SA (2017-nou) is Lip Sync soek nie regte sangers nie. Eintlik is sang die laaste ding wat die span wil hê wanneer hulle hul celeb-deelnemers kies, verduideli­k die aanbieder LL Cool

J, wat sedert die 1980’s ’n musiekloop­baan het, lank voor hy begin toneelspee­l het. “Kan jy jou voorstel om vir sir Ben Kingsley (Mandarin in Iron Man 3, 2013) te vra om te kletsrym? Hy sou my in ’n hoflike Britse aksent aangesê het om te verkas. Ons speel toneel hier – en dans op die maat van musiek.”

Die reeks is deur die akteurs John Krasinski (Jim in die komedieree­ks The Office, 2005-2013) en Ste

phen Merchant (as hyself in die komedieree­ks An Idiot Abroad, 2011-2013) geskep ná hulle in The Tonight Show Starring Jimmy Fallon (2014-nou) verskyn het. “Ons het daai kort lipsinchro­nisasie-speletjie saam met Jimmy gedoen,” verduideli­k John. “Die idee was pret. Die voorleggin­g is maklik, maar jy moet ’n netwerk oortuig jy kan Don Cheadle (Marty in die drama House Of Lies, 2012-2016) in ’n foelie-katpak kry asof hy in ’n 1990’s-kletsrym-musiekvide­o is, en Channing Tatum (Jenko in die aksiefliek 21 Jump Street, 2012) wat nes Beyoncé aangetrek is vir Run The World. Dan besef jy jy ken nie eens die helfte van die mense wat jy pas genoem het nie!” Gelukkig gaan Lip Sync oor toneelspee­l en kan jy sing en jou lyf laat praat.

 ??  ?? Die ernstige akteur sir Ben Kingsley in die rol van ’n singende non.
Die ernstige akteur sir Ben Kingsley in die rol van ’n singende non.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa