TV Plus (Afrikaans)

Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 17:15 Sepie

-

’n Maand gelede is Shawn Douglas Brady nog deur Jason Cook gespeel. Maar wanneer hy vandag na Salem terugkeer gaan ons die “tweede” Shawn sien, gespeel deur Brandon Beemer, wat in 2006 by Jason oorgeneem het. Shawn is terug om briek aan te draai met sy egskeiding van Belle (Martha Madison) omdat sy hom verkul het en hy haar afgeskeep het, so dis jammer van haar Vegas-fling met Philip Kiriakis (John-Paul Lavoisier)! Days se uitvoerend­e vervaardig­er Ken Corday voeg by: “Met nog ’n karakter wat terugkom gaan dit die Shawn/Belle/Philip- dinamiek interessan­ter maak.”

Die 39-jarige Brandon weet alles van ongemaklik­e reünies. Hy sal betyds terug wees in Salem vir

Daniel (Shawn Christian) se begrafnis – bygewoon deur

Chloe (gespeel deur Brandon se eksverloof­de Nadia Bjorlin). Hulle het sewe jaar uitgegaan, maar Nadia se ma, Fary, het nie daarvan gehou nie en het Brandon “dom, arrogant, laeklas en gemors” genoem in die realiteits­reeks Dirty Soap (2011).

Brandon het in 2008 van sepie verander en Owen Knight in Bold (1987nou) gespeel tot 2012 voordat hy na onafhankli­ke flieks oorgeskake­l het. Hy het ook Evan Blackwell in die Amazon Prime-reeks The Bay (2017-nou) gespeel saam met Bold se eksRidge Ronn Moss.

Brandon doen ook modelwerk. “Ná hoërskool is ek New York toe waar ek leer toneelspee­I het. Toe is ek terug na Los Angeles, waar dit uitgewerk het,” sê die akteur. • Sien bl. 18.

 ??  ?? Brandon Beemer is terug as Shawn (hoof) en Jason Cook (inlas) is uit.
Brandon Beemer is terug as Shawn (hoof) en Jason Cook (inlas) is uit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa