TV Plus (Afrikaans)

Big Food Truck Tip

Seisoen 1 Food Network (*175) 19:55 Realiteit

-

Om ’n fooitjie te gee wanneer jy uiteet is gewoonlik bedoel vir die personeel wat jou bedien. Maar Andrew Zimmern doen dinge anders in die realiteits­reeks Big Food Truck Tip (2018-nou): Hy gee die eienaars fooitjies. “Ek het $10 000 (R140 000) om weg te gee en ses episodes om die voertuig met die beste kos te vind,” sê die 57-jarige. “Almal het die idee dat koswaens goedkoop, vuil en olierig is, maar dis nie so nie. Daar is baie fynkos daarbuite en ek is honger!”

Koswaens het gewild geraak in TVreekse soos Suits (2011-nou), waar die prokureurs ’n bagel en koffie in New York se strate kan kry, asook in die nuwe aksiereeks Magnum, P.I. (2018-nou) waar die eilandspeu­rders stilhou vir ’n roomyshori­nkie of mojito op die strand. “Dit het gewild geword, want jy kan hier kos kry wat gewoonlik net in ’n spesiale restaurant beskikbaar is wat dalk nie in jou stad is nie. Wat gebeur wanneer jy ’n Jamaikaans­e speseryhoe­nder-shawarma wil hê en daar is geen Jamaikaans­e restaurant naby jou nie?” vra Andrew. “Jy kan dit op jou straathoek in ’n koswa kry. Dit is wat ons soek.”

Maar dis meer as net ’n kosreeks, dis ’n ondernemin­gs-realiteits­reeks wat mikrobesig­hede help uitbrei terwyl hulle vergoed word. “Ons gee baie geld weg. Dis nie soos om Survivor (2000-nou) te wen waar jy $1 miljoen (R14 miljoen) kry nie, maar ons prysgeld is die ekwivalent van die sjefs wat rondbeweeg en wat doen waaroor hulle mal is: kook,” sê Andrew.

En Andrew kry eintlik meer as ’n mondvol van wat hy verwag. Daar is gekruide Mexikaanse hoender en noedels in die kos-vir- die-siel Memphis, en ’n paartjie wat hul spaargeld vir hul troue op ’n kosvoertui­g geblaas het en besonderse sosaties maak!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa