TV Plus (Afrikaans)

Escape At Dannemora

Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

Benicio del Toro (52), wat die rol van Richard Matt in die drama Escape At Dannemora (2018-2019) vertolk, sê wat in hierdie biografies­e reeks gebeur, is “amper so ongeloofli­k soos my naam. Ek is gebore Benicio Monserrate Rafael del Toro Sánchez, maar die wyse waarop Rich die ontsnappin­g beplan, dis waansin. Dit sal jy in Prison Break (2005-2017) sien, maar om te weet dit het regtig gebeur – wow!” Benicio is vlekkeloos en het nie eens 'n spoedboete nie, laat staan nog inhegtenis­name.

Sy ouers, Gustavo en Fausta, was 1 prokureurs in Puerto Rico en Benicio is van kleins af geleer wat is reg en verkeerd. “My oupa was streng. Ons sou vir die geringste oortreding moeilikhei­d kry,” sê hy. Hy het as tiener na Amerika ver2 huis en regte studeer, maar dit opgeskop ná hy drama as 'n vullerkurs­us geneem het. Hy het aan die Square Theatre School, New York, gegradueer. Een van sy eerste “rol3 le” was in Madonna se musiekvide­o vir La Isla Bonita in 1987, wat hom sy vriende se held gemaak het, “nie oor Madonna nie. Ek was op TV en dit was groot,” sê Benicio. Hoewel sy handelsmer­k, donker 4 kringe onder sy oë, hom 'n paar skurkrolle besorg het, soos Frankie Four Fingers in die 2000-fliek Snatch, het Benicio dit nie altyd aanvaar nie: “Die skoolkinde­rs het my geterg en daar was 'n gerug dat ek 'n dwelmslaaf was.” Hy het 20 kg gewig aangesit om dr. 5 Gonzo in die 1998-fliek Fear & Loathing In Las Vegas te speel en sê dit was 'n slegte idee. As 'n vetpak nie werk nie, sal hy liewer die rol bedank weens die gesondheid­srisiko van gewig aansit.

 ??  ?? Benicio del Toro en die regte Richard Matt (inlas).
Benicio del Toro en die regte Richard Matt (inlas).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa