TV Plus (Afrikaans)

Mr. Robot

Seisoen 3 M-Net City (*115) 23:25 Drama

-

Die kubermisda­ad-aksiereeks Mr. Robot (2015-nou) is vol kinkels, draaie en die onverwagte. Teen die einde van seisoen 1 in September 2015, het fans uitgevind Mr. Robot (Christian Slater), die leier van die F.Society-kuberkrake­rs, was nie werklik nie – hy was ’n versinsel van die verbeeldin­g van die rekenaarse­kerheidsin­genieur Elliot Alderson (Rami Malek, wat die Oscar vir Beste Akteur gewen het vir sy rol as Freddie Mercury in die biografies­e fliek Bohemian Rhapsody)! En dis nie die enigste interessan­te ding van die reeks nie . . .

Episode-titels het twee beteke1 nisse: ’n rekenaarte­rm en die episode se tema. Byvoorbeel­d, seisoen 1 episode 2 se titel is “ones-andzer0es” – 1’e en 0’e is die binêre taal wat in rekenaarsa­gteware gebruik word. Dis die een of die ander – daar’s nie ’n ander keuse nie . . . en in die episode moet Elliot tussen twee lewensopsi­es kies. Die titels eindig in video-formate, 2 soos mp4, avi of mkv. Mr. Robot sou ’n rolprent gewees 3 het, maar toe hy dit geskryf het, het die reeksskepp­er Sam Esmail besef “dit was te lank. Ek het toe die eerste 20 blaaie gevat en dit in ’n loodsepiso­de [TV-reeks] verander.” Soos Rami, is Sam van Egiptiese 4 afkoms en hy het die idee vir Mr. Robot gekry van tieners in die MiddeOoste wat die sosiale media, soos Twitter en Facebook, gebruik het om onderdrukk­ende heersers by te kom. Die sagteware wat in die reeks 5 gebruik word, is 95% werklik – dis op Linux/Unix gegrond, met “een of twee spesiaal ontwerpte programme”. Die swart hoodie wat Elliot dra 6 is een van Rami se persoonlik­e hoodies waarin hy gemaklik voel.

 ??  ?? Rami as Elliot en Freddie Mercury (inlas).
Rami as Elliot en Freddie Mercury (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa