TV Plus (Afrikaans)

Lauren Lake’s Paternity Court

Seisoen 1 SABC3 (*193) 14:00 Realiteit

-

Lauren Lake’s Paternity Court (2013nou) is nie soos die meeste hofreekse op TV nie. Daar is geen kleineises­ake nie. Daar is geen bakleiery oor troeteldie­re nie. “En daar is geen wangedrag nie,” verduideli­k Lauren. “Dis ’n suiwer gesinsreek­s. Ons werk met DNS-bewyse, dikwels met kinders wat midde-in ’n stryd tussen ouers vasgevang is.” Die grootste verrassing is sy is nie ’n regter nie; sy’s ’n gesinsprok­ureur. Dit beteken nie haar “bevindings” hou nie krag nie – sy verskaf gratis regshulp aan mense wat dit nodig het.

“Paternity Court is ’n gemengde reeks. Dit het hofdrama. Dit het ’n gesels-element. En daar is ander aspekte wat dit gewild maak,” verduideli­k David Armour, skepper van die reeks. “Enigiets wat in ’n hofsaal afspeel, waarborg goeie kyksyfers. Deur hierdie reeks gespesiali­seerd te maak, fokus ons op ’n onderwerp wat wyd voorkom, maar nie altyd die aandag kry wat dit verdien nie omdat die betrokkene­s nie altyd die geld vir ’n prokureur het of dae in die hof kan deurbring nie.”

Lauren spesialise­er in DNS-gegronde litigasie maar sy’s meer as net die gesig van die reeks, sy het groot inspraak in die struktuur. “Ek het ’n enkele saak per episode van 30 minute voorgestel. In ander hofreekse sien jy die regter sy uitspraak lewer en die partye in die saak sê ’n paar woorde. Omdat ons vaderskapt­ema ’n ernstige saak is, het ons terugvoers­essies waarin ek my bevindings aan hulle verduideli­k.”

Seisoen 1 is op die stel van die gekanselle­erde Judge Joe Brown (19982013) en in die ateljee oorkant Judge Judy (1996-nou) in LA geskiet voordat na Atlanta vir seisoen 2 getrek is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa