TV Plus (Afrikaans)

Station 19

Seisoen 2 M-Net (*101) 19:00 Aksie

-

Grey Damon is nie skaam om te erken hy is glad nie soos sy vreeslose karakter Jack Gibson in die aksiedrama Station 19 (2018-nou) nie. Hy sê: “Ek’s nie gek na spinnekopp­e en slange nie, en gaan nie sommer in brandende geboue inhardloop nie. Ek’s ’n bietjie oorgevoeli­g en is bly ek is nie ’n paramediku­s nie.” Die nagemaakte bloed en organe in die reeks keer nie die braakbeweg­ings nie.

Station 19 is ’n splinterre­eks van 1 Grey’s Anatomy (2005-nou) en hulle deel dekorstukk­e. “Organe word van hoenderbor­sies of gelatien gemaak. Dit stink ná ’n rukkie. Die bloed is die ergste – dis ’n walglik soet stroop wat jou wil laat braak,” sê die akteur. Hy skerts dat hy in 2014 tot kato2 logie bekeer is toe hy met Alice Greczyn (Emma in 2011 in die sepie The Young & The Restless, 1973-nou) begin uitgaan het. Hul kat Butters is in April 2018 dood en Grey sê hy’s nog nie reg om aan te beweeg nie. 3 Die akteur is nie ’n fan van realiteits­reekse nie en sê: “Ek sal liewer nooit weer toneelspee­l nie as om aan ’n realiteits­reeks deel te neem.” Hy het “10 minute van Survivor (2000-nou) gekyk en dit was 10 te veel”. Hy wou ’n argeoloog wees ná hy 4 die Indiana Jones-flieks (1981-nou) gekyk het, maar het die droom laat vaar weens die spinnekopp­e. Hy wou ook ’n spotprentt­ekenaar wees en skets steeds wanneer die lus hom pak. Grey het in 2013 terapie ontvang 5 ná sy rol as Chris in die fantasiefl­iek Percy Jackson: Sea Of Monsters, maar nie omdat hy ongelukkig was nie. “Ek moes emosioneel groei en om ’n sielkundig­e te spreek, het my gehelp,” sê hy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa