TV Plus (Afrikaans)

’n Blink nuwe toekoms

-

DESEMBER

Wendy veroorsaak groot probleme as sy haar neus in ander mense se huishoudel­ike sake steek, Gertie maak Beatrice bewus van iets wat sy nooit oorweeg het nie, en Lee-Roy vertel vir Ronel hy gaan nie vir Kersfees by die huis wees nie.

Die plaaslike poniekoeka­nt wil ’n storie doen oor Chantel en Valdonia, maar Beatrice is bang dinge kan skeef loop. Janice het genoeg gehad van Muriel en besluit om na Arendsvlei terug te trek.

Gertie word onkant betrap wanneer Hein met tasse en al by die Cupido-huis aankom vir Kersfees, Daniel en Laetitia vier Kersfees op hul eie manier, en Janice se onverwagte terugkeer na Arendsvlei veroorsaak moeilikhei­d tussen haar, Thys en Ronel. Valdonia kry goeie nuus, die Cupido-huis se Kersete neem ’n wending.

JANUARIE

Daar is chaos by Gertie se huis wanneer sy in ’n ander man se arms wakker word ná die vorige aand se rowwe Oujaarspar­tytjie, die Cupido-huis word geruk deur ’n onaangenam­e verrassing, en Lionel probeer die vrede tussen Janice en Muriel bewaar.

Nathan kry ’n nuwe blyplek, Wesley is terug en hy en Lee-Roy besef hulle sal hard aan hul verhouding moet werk, en Valdonia raak angstig. Die skool se matriekkam­p is om die draai en Daniel moet besluit of hy wil gaan of bly en na

Laetitia omsien.

Nathan se ware kleure kom na vore wanneer sy geraamtes uit die kas begin tuimel, en Gertie en Johnny daag by die matriekkam­p op met groot nuus. Wesley en Lee-Roy het ’n ernstige uitval, en Beatrice en Hamilton bevind hulself in ’n baie benoude oomblik.

Janice sien rooi wanneer ’n nuwe haarsalon sy deure naby haar salon oopmaak, Nathan raak al hoe meer in Wendy se onderduims­hede vasgevang, en Gertie en Johnny trou. Wesley en Lee-Roy besef hul toekomsdro­me verskil, en Thys is nie ingenome met Gertie en Johnny se troue nie.

Saartjie neem ’n moeilike besluit wat Chantel en Valdonia se lewe kan verander, die nuwe skooljaar skop af, en Anton baklei met sy innerlike demone. ’n Groot inhegtenis­neming stuur skokgolwe deur die gemeenskap, Hein is bekommerd oor Anton se depressie, en Lionel verras Janice met ’n plan vir die toekoms. Hamilton sit met die gebakte pere en gaan klop by ’n ou vriend aan om hulp.

VERLEDE KEER

Johnny was op die oorlogspad ná Gertie en Hazel se Projek Kobra, Kim het net oë vir Nathan gehad, en Chantel wou by Valdonia alles oor Waanie hoor.

4 DESEMBER

Kim het die perfekte aand saam met Nathan, Janice kry ’n onverwagte besoeker, en Valdonia is bekommerd oor haar dogter, Chantel.

9 – 11 DESEMBER

Daar is groot drama in Valdonia se huis wanneer Saartjie en ’n vriendin op Waanie se lyk afkom. Laetitia gee haar en Daniel se geheim amper weg by die skool se prysuitdel­ing, en in Clanwillia­m loop Lionel lig vir sy ma, Muriel, wat ná twee jaar in die Midde-Ooste by hom en Janice ingetrek het. Hy vertel haar hy en Ronel is geskei terwyl sy weg was. Kim beplan haar troue met Nathan, Chantel en Saartjie het ’n geheim, en Muriel het nie ooghare vir Janice nie.

16 – 17 DESEMBER

Saartjie en Chantel besluit om vir almal die waarheid te vertel . Muriel het ’n pro-bleem met Lionel en Janice wat in dieselfde kamer slaap, Wendy het slegte nuus vir Valdo-nia, en Lee-Roy kry ’n uitnodigin­g. Hamilton is in die moeilikhei­d by Beatrice.

 ??  ?? Die hawelose vriende Laetitia en Daniel vier Kersfees op hul eie manier.
Die hawelose vriende Laetitia en Daniel vier Kersfees op hul eie manier.
 ??  ?? Johnny en Gertie se geluk en liefde vir mekaar ken geen perke nie.
Johnny en Gertie se geluk en liefde vir mekaar ken geen perke nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa