TV Plus (Afrikaans)

Rose en rooiwyn

Fiësta se nuwe veldaanbie­der, Carla MacKenzie, is ewe gemaklik agter die mikrofoon en voor die kamera.

-

Fiësta

Seisoen 21 Maandae kykNET (*144) 20:30

Carla MacKenzie wou nog altyd deel wees van die leefstylpr­ogram Fiësta (2001-nou). “Ek het met Fiësta grootgewor­d en dit was en is steeds een van my gunsteling­programme. En dit is in my huistaal, Afrikaans,” sê die 29-jarige Jacaranda FM-aanbieder wat einde November by Fiësta aangesluit het. “Dié span is my nuwe familie. Hulle is ’n borrelende groep mense wat jou so gemaklik laat voel. Die glimlagte wat jy op TV sien, is eg.”

Hoe het jy op Fiësta beland?

Die vervaardig­ers het my in September gekontak om ’n kort video-oudisie op te neem en vir hulle te stuur. Ek het dit gedoen, maar gedink dit was nie goed nie, en het dadelik daarvan probeer vergeet. Groot was my verrassing toe hulle my in Oktober inlig ek is as veldaanbie­der gekies.

Wat is jou eintlike werk?

Vir die afgelope vier jaar werk ek al by Jacaranda FM as die vervaardig­er en digitale redakteur van die weeklikse ontbytprog­ram, Breakfast With Martin Bester. Ek bied ook SA Top-20 Met Carla MacKenzie, ’n weeklikse program oor die musiektref­ferlys op Sondagogge­nde aan. Tussendeur vervaardig ek ook my eie aanlyn uitsending, Top SA Music With Carla MacKenzie, vir Jacaranda FM.

Hoe pas jy Fiësta by alles in?

Dit kos fyn beplanning. My skedule lyk soms soos ’n legkaart, maar ek maak alles werk. Die twee maak nie inbreuk op mekaar nie. Dit help ook dat Fiësta vooruit opgeneem word. Elke naweek reis ons na ’n fees iewers in Suid-Afrika en ek is dol oor feeste. Daar word mos gesê die Afrikaners is plesierig!

Wat is die een ding wat mense nie van Carla MacKenzie weet nie?

Daar is eintlik twee goed. Ek het ’n groot liefde vir eiendom. Toe ek in 2015 na Midrand,

Johannesbu­rg, getrek het, het ek twee eiendomme gekoop. Ek wil nog graag op my tuisdorp, Stellenbos­ch, eiendom koop. Ek droom daarvan om eendag ’n groot erf te hê waar ek baie rose kan plant. Ek is mal oor blomme. Dan, vanaf 2005-2008 was ek deel van die SA hokkiespan. Ek is baie sportief. Op die Hoër Meisieskoo­l Bloemhof op Stellenbos­ch het ek hokkie gespeel, bergfiets gery en tennis gespeel.

Sport is eintlik in my gene. My tweede naam is Arantxa, genoem na die Spaanse tennisspel­er Arantxa Sánchez Vicario.

Jy is klink baie passievol oor jou lewe.

My hart en lyf is een ding. Ek glo in positiewe energie, en ek is gefokus op my loopbaan. My leuse is “victory loves preparatio­n”. Dit beteken harde werk lei tot sukses. Niks is vanselfspr­ekend nie. Voorbereid­ing is die respek wat jy vir jou kyker, luisteraar en jouself gee, en dit kan net positiewe resultate hê.

As jy weg van die kameras en mikrofoon is, hoe ontspan jy?

Ek kuier gewoonlik by my familie – ma Mercia (52), pa Jantjie (57) en sussie Jancka (19) – en vriende op Stellenbos­ch. As ek in Johannesbu­rg is, nooi ek gewoonlik vriende oor vir rooiwyn, ’n kaasbord en kos. Ek maak ’n heerlike hoender-enbroccoli- gereg.

Jy het ’n aansteekli­ke lag op radio, wat laat jou glimlag?

Ek is elke oggend vroeg genoeg wakker om sonop te ervaar, en dit sit my dadelik in ’n goeie bui. Skerp, onbeplande humor laat my lag, en onregverdi­gheid waar ’n mens voel jou hande is afgekap, maak my hartseer.

Wat wil jy nog in jou lewe bereik?

Ek is tans baie gelukkig, maar ek sal graag eendag ’n huisie by die see wil hê.

 ??  ?? Die kleurvolle Carla MacKenzie laat Fiësta-kykers aan haar lippe hang.
Die kleurvolle Carla MacKenzie laat Fiësta-kykers aan haar lippe hang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa