TV Plus (Afrikaans)

MANSON’S LOST GIRLS (2016)

-

Hierdie biografies­e misdaadril­ler is die perfekte vervolg op die dokkie Inside The Manson Cult omdat dit in groter diepte weergee hoe Charles sy volgelinge oortuig het moord is oukei, en ook om ander misdade in sy naam te pleeg.

Die dramatiser­ing gaan hand aan hand met argiefmate­riaal en werklike onderhoude met sommige lede van Charles se Manson Family wat openlik en eerlik praat oor hoe hy hulle gewerf het, en presies hoe ver hulle vir hom sou gaan.

Die vervaardig­ers is toegelaat om werklike foonoproep­e vanaf die misdaadton­ele te gebruik en ook polisie-onderhoude wanneer hulle onthul wat tot moorde soos dié op die swanger aktrise Sharon Tate in 1969 in Hollywood Hills gelei het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa