TV Plus (Afrikaans)

MODERNE TEGNOLOGIE

-

Die reeks word in twee huise in Johannesbu­rg verfilm. Die twee bestaande huise is die eiendom van die produksiem­aatskappy en dit het ses weke geduur om die aangrensen­de huise te meubileer en in te rig. “Daar is ’n gemeenskap­like ontspannin­gs- en braaigebie­d en waar die Scheeperse en Le Rouxs kan oefen, ontspan en braai.” Die deelnemers leer hier hul teenstande­rs beter ken.

Weens die inperkings­regulasies moes alternatie­we verfilming­smetodes ontgin word. Moderne kameras, wat spesiaal ingevoer is, is in elke vertrek en gebied geïnstalle­er. “Daar’s sowat 24 kameras in elke huis. Die outomaties­e kameras word soos robotte deur kameramann­e, wat in drie skofte van agt uur elk per 24 uur roteer, vanuit ’n kontroleka­mer beheer.” En die families weet natuurlik nooit wanneer die kamera op hulle gerig is nie.

DIE OPSIGTER

Die effens omstrede

wenner van Big Brother Suid-Afrika in 2001, is die opsigter – amper soos die aanbieder. Hy gee daagliks vir die families opdragte en vertel hulle watter kompetisie­s gehou gaan word. Ferdi, wat in die Kaap woon, kommunikee­r sowat drie keer per dag vanuit ’n kontroleka­mer in sy huis met die families. “Ek moet die deelnemers in toom hou en is soos ’n kwaai ma met ’n plak in die hand. As ek praat, moet hulle luister!”

Ferdi sê tydens sy Big Brother- deelname het hy besef jy moet net jouself wees in so ’n program. “En ek sal dieselfde raad aan hierdie deelnemers gee: Wees net jouself.”

Hy sê hy kan sommer reeds sien daar kom nog hope drama en trane, en kykers gaan nog verras word met die uitdagings. “Hoewel bloed dikker is as water, weet ons ook elke huis het maar sy kruis.”

Ferdinand Rabie,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa