TV Plus (Afrikaans)

UNIEK EN ONAFHANKLI­K

-

“Elke seisoen van Spoorloos is uniek en onafhankli­k van die vorige seisoen en storielyn,” sê Ilse van Hemert, die skepper en vervaardig­er. “Ons volg die styl van reekse soos American Horror Story (2011-nou) wat ’n (’n reeks wat elke seisoen ander storielyne en karakters het) is. Maar iets of iemand verdwyn altyd en moet gevind word.”

Daar is reeds planne vir ’n derde en vierde seisoen van Spoorloos, maar die episodes per seisoen gaan minder wees. “’n Reeks met 13 episodes verg ’n groter begroting, asook ’n groter storielyn,” sê Ilse. “Deesdae is daar nie genoeg tyd of hulpbronne om dit te doen nie, dus gaan die tweede seisoen uit 10 episodes en seisoen 3 en 4 uit 8 episodes elk bestaan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa