TV Plus (Afrikaans)

DIS ’N SONDE!

-

’n Kerkbusong­eluk kry ’n sondige kinkel wanneer die hospitaal al die passasiers vir raaiselagt­ige, bestaande siektes behandel. Maar die regte sondaar in dié episode is die Amerikaans­e gesondheid­stelsel wat die prys van behandelin­g teen die meeste voorkombar­e siektes en roetinesor­g buite die bereik van gewone burgers gestel het – veral vir arm, swart gemeenskap­pe. In episode 17 raak Max toenemend gefrustree­rd omdat pasiënte hulle tot massafinan­siering-apps, soos GoFundMe, moet wend om hul hospitaalr­ekeninge te betaal, want die alternatie­f is die dood of bankrotska­p. “Ons luister na waaroor mense in die land praat en maak dit ’n mediese storie,” sê David.

PANDEMIE

Op 12 Maart 2020, is die verfilming van New Amsterdam stopgesit, met slegs 18 episodes wat opgeneem is. Aan die begin van episode 18 is ’n spesiale boodskap van die spelers. Ryan Eggold en

(die nuwe karakter, dr. Cassian Shin, Daniel was Chin Ho Kelly tot 2017 in Hawaii Five- 0, 2010-nou) stem saam die episode wat volg, vervang die oorspronkl­ike 18de episode, met die titel Pandemic, want die draaiboek (wat in 2019 geskryf is) was te na aan wat in daardie stadium in die werklike lewe gebeur het. Om die waarheid te sê, kort nadat die Pandemic- episode verfilm is, is Daniel positief vir die virus getoets, asook een van die skrywers van die program en drie spanlede.

Daniel Dae Kim

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa