TV Plus (Afrikaans)

DIE SPAN

-

Dit was nie net vir Deidre en Marcus moeilik om die opnames te doen nie, maar ook vir die produksies­pan. “Dit was tot vir die mans in die produksies­pan ongemaklik wanneer die tonele verfilm is. ’n Mens kon sien hulle was omgekrap en dat dit hulle diep geraak het.”

Die ander akteurs het ook die emosionele gewig van die storielyn gevoel. “Ná opnames het almal altyd kom hoor of ons oukei is. Daar is ’n baie diep band van deernis onder die akteurs in die storielyn. En dit is steeds daar, want die storielyn is nog glad nie klaar nie. Baie gaan nog gebeur,” verklap Deidre.

HOOP

Of daar hoop vir Mariaan en André se verhouding is, is ’n goeie vraag.

“Sy glo dit is haar skuld dat André so wreed optree. Haar maag is op ’n knop getrek van spanning wanneer sy agter geslote deure saam met André is. In die openbaar sal niemand egter opmerk of vermoed alles is nie pluis nie. Van wat ander mense kan sien, is hulle die toonbeeld van ’n gelukkige egpaar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa