TV Plus (Afrikaans)

TRACY EN MELINDA

-

Melinda en Tracy het min gemeen. “Ek is ’n introvert en Tracy ’n ekstrovert. Maar tog is sy eensaam. Ek dink die enigste ooreenkoms tussen ons is dat ek ook geleer het om ondanks omstandigh­ede vas te byt.”

Tracy se kleresmaak het darem sedert sy ’n ontvangsda­me is verbeter, sê sy laggend. “Daardie kort toppies, lae halse, kort broekies en rokkies was nie baie vleiend nie. Sy trek nou smaakvolle­r aan.”

LIEFDESGEL­UK

Hoewel Tracy nog na liefde op soek is, sou Melinda en haar verloofde, die sanger en akteur Francois Viljoen (Jannie in die 2018-fliek Dominee Tienie en 2019-finalis in The Voice SA, 2016-nou) in Mei getrou het. Die troue is weens die koronaviru­s ko uitgestel.

“Ek en Francois het ontmoet toe o ons saam dramaklass­e geneem het. Hy was my senior, en ons het nie in die begin gekliek nie. Hy het hierdie groentjie lekker rondgeshun­t. Maar toe ons mekaar beter leer ken, het ons gevoelens verander. Francois het die mooiste hart. Hy is, nes ek, lief vir Jesus.”

Benewens vir Francois, het sy nog plek in haar hart vir hul troeteldie­re:

Die spanjoel Kappie, die labrador Phoebe en ’n kat, Jack Black.

HAGTER DIE SKERMS

Tracy is lief vir tuinwerk. “Ek teken en skilder graag en stap om my kop skoon te kry.” Sy bied saam met die aktrise

(Blapsie in Molly En Wors 2009) dramaskole aan.

Wat anders maak haar gelukkig? “Om te doen waarvoor ek lief is. Ek is bevoorreg. Baie mense se werk is nie altyd hul passie nie.” Sy sê sy wil niks aan haar karakter, Tracy, verander nie. “Ek is dol oor haar.”

Carien Botha

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa