TV Plus (Afrikaans)

ONREGVERDI­G BEHANDEL

-

Dr. Quinton (Ramey Short) en René se vriendskap het die afgelope ruk verdiep nadat René Quinton in Junie bygestaan en ondersteun het tydens die meningitis-skandaal by die Thusanang-hospitaal. Quinton was die hospitaal se administra­teur en is sy werk weens die uitbreking kwyt.

Die hele gemors het ’n wrang smaak in Quinton se mond gelos, sê Ramey. “Hy het bedank omdat hy gemeen het hy word nie regverdig behandel nie. Hy is dadelik geskors en kon nie die probleem ondersoek en oplos nie.” Hy soek steeds ander werk, maar los alles wanneer hy uitvind René is alleen agter die mediese fonds- dief aan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa