TV Plus (Afrikaans)

LAETITIA VERERGER

-

Intussen sukkel Beatrice met Laetitia wat haar greep op die lewe verloor. “Laetitia maak amok by die huis. Sy daag ook onverwags by die skool op en krap dinge behoorlik om ten aanskoue van die leerlinge en personeel, wat Beatrice in ’n moeilike posisie plaas,” sê Jolene.

Ál uitweg is om vir haar hulp te kry, maar Laetitia skop vas. Daniel probeer haar oorreed om behandelin­g te kry.

“Hy wil hê sy moet na ’n inrigting gaan en beter word, al beteken dit hy sal weer ’n ma-figuur verloor.”

DANIEL SE STORIE

Waarom het Daniel Beatrice nie vroeër vertel wat in sy lewe aangaan nie? Cantona verfris ons geheue: “Volgens die skoolreëls moet elke beurshouer ’n ouer of ouers hê. Toe Daniel se ma (nie op die skerm nie) in Oktober verlede jaar dood is, het hy sy Auntie

(Zenobia Kloppers) gevra om by hom te kom bly en sy voog te wees. Maar toe sy in Februarie weggaan, was daar niemand anders wat die rol van sy ouer kon vervul nie. As die skool dit moes uitvind, sou hy sy beurs verloor.”

Emily

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa