TV Plus (Afrikaans)

ZOE SPEEL SPEURDER

-

Om op te maak vir die afspraak wat Joy misgeloop het, nooi sy Wade vir 'n kuier. Dit verloop so goed, die twee soen mekaar in die Suidooster-sentrum, en Zoe sien hulle. Dit ontstel Zoe vreeslik en sy wil meer oor Joy uitvind. Sy ontdek Joy was 'n onkleedans­eres – wat Zoe natuurlik vir Wade vertel. Hy is verras om te hoor die vrou wat so onskuldig lyk, het 'n kleurryke verlede, sê Dean. “Maar hy oordeel Joy nie. Almal het 'n geskiedeni­s en hy weet van swaarkry en wat 'n mens sal doen om kop bo water te hou.”

’N VET KLAP

Joy is smoorkwaad wanneer sy uitvind wat Zoe vir Wade vertel het en konfrontee­r haar daaroor. “Zoe maak geen geheim daarvan dat sy nie van Joy hou nie,” sê Monique. Dis duidelik Zoe het nog gevoelens vir Wade, maar Joy dink haar inmengery het te ver gegaan. En wanneer Zoe weer vyandig teenoor Joy optree, gee Joy haar 'n taai klap!

Kort daarna wil nóg iemand die romanse sink: Nazeem. Hy waarsku Joy om Wade uit te los en maak dit duidelik Joy is syne. Maar Wade is mos 'n ou wat veg vir wat – of wie – hy wil hê . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa