TV Plus (Afrikaans)

1 – 3 JULIE

-

Nadat sy nuwe inligting bekom het, probeer Nihan desperaat iemand in die hande kry voor dit te laat is. Emir maak intussen planne om uit sy huidige situasie te ontsnap, maar hy moet ook ’n lokval vir Kemal stel. Nihan kry ’n vuurwapen en skiet Kemal in ’n woedebui, en Emir se ontsnappin­g loop skeef en hy beseer homself. Emir kry ’n nuwe bondgenoot in sy wraakplan, maar hy is nie seker of hy Asu kan vertrou nie, en daar is nog drama wanneer Kemal ’n onwelkome besoeker by die hospitaal kry. Emir besef hy kan nie ontsnap nie en oorhandig homself aan die owerheid, maar hy is selfs dan nie veilig nie, want Zeynep het van die polisieled­e omgekoop en kan hom steeds bykom. Nuus van Nihan se ontvoering bereik Asu en sy is bekommerd daaroor, en noudat hy ten volle herstel het, moet Kemal ’n belangrike besluit neem.

Daar is geen nuus van die kanaal oor wanneer die volgende seisoen uitgesaai gaan word nie. Evermore word vanaf Maandag 6 Julie in dié tydgleuf uitgesaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa