TV Plus (Afrikaans)

6 – 10 JULIE

-

Chumani is bereid om sy hoop op ’n vriend te plaas, en Tebello beland weer in die moeilikhei­d by die skool. Een van die Safe ’n Clean-werkers is nie gelukkig met die veranderin­ge by die werk nie, en Lerumo besef hy is by die verkeerde adres. Tebello het ’n nuwe vriend wat hom by die skool help, en iemand kry vars nuus oor ’n bekommerde familielid. Gloria is geruk nadat sy ’n ongeluk gesien het, en Romeo is woedend wanneer hy verneem van ’n situasie wat vir hom geheim gehou is. ’n Familie raak bekommerd oor ’n ontstellen­de neiging, en Tebello leer ’n harde lewensles.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa