TV Plus (Afrikaans)

6 – 10 JULIE

-

MaNgcobo wil met Godfather en Thulani afreken, en Fikile se wêreld stort in duie ná die uitslag van haar swangerska­ptoets. Gabisile sukkel om met Mazaza se eise by te hou, en Sbu vertel aan almal in die gemeenskap hy gaan pa word. Zekhethelo word uit die huis geskop nadat sy haar kêrel, Godfather, se kant pleks van haar familie s’n kies, en Fikile worstel met haar emosies ná ’n ontdekking. MaNgcobo is woedend wanneer sy uitvind Njeza het ’n vennootska­p met Godfather en Thulani aangegaan, en Mazaza gaan voort om Gabisile te irriteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa