TV Plus (Afrikaans)

SUPERNATUR­AL

-

Seisoen 15 M-Net City (*115) 20:00 Episode 1

(sci-fi) Vrydag 10 Julie

Dis die begin van die einde vir Supernatur­al (2005-nou) wanneer die allerlaast­e seisoen wegspring met die broers Sam (Jared Padalecki) en Dean (Jensen Ackles) wat weer met hul engelpel Castiel (Misha Collins) saamspan. Die seisoen begin waar seisoen 14 geëindig het met God (Rob Benedict, Jonathan Laurents in Masters Of Sex, 2013-2019) wat die hel se poorte oopgemaak en al die slegte demone op Aarde vrygelaat het. “Episode 1 is soos ’n mini-apokalips waartydens die demoonjagt­erbroers en Castiel bose geeste moet afweer en die lewende dooies moet hanteer,” sê die uitvoerend­e vervaardig­er Andrew Dabb.

Vanaf die eerste oomblikke is die drie in ’n konfrontas­ie met God, wat in ’n apokalipti­ese bui is, maar nie met ’n vloed soos in die Bybel nie. “Die nadraai van so baie gevare in die wêreld sal regdeur die seisoen weerklink,” sê Andrew. Die uitvoerend­e vervaardig­er Bob Singer voeg by: “Wanneer God jou opperste booswig is, is dit nie ’n saak vir een episode nie. In ’n sekere stadium gaan God op volle sterkte wees, wat die drie selfs meer probleme besorg.”

 ??  ?? Van links: Sam, Castiel en Dean voer ’n oorlog by die hemelpoort­e.
Van links: Sam, Castiel en Dean voer ’n oorlog by die hemelpoort­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa