TV Plus (Afrikaans)

’n Musiekmist­erie

The Masked Singer is terug en gaan jou laat raai watter glanssterr­e is onder daardie kostuums versteek.

-

Dis ’n groot extravagan­za! Oordadige kostuums, ’n singery, dansery en ’n gespeur is deel van die realiteits­program The Masked Singer, Donderdae op M-Net (*101) om 19:00. ’n Groep beroemde mense versteek hul identiteit agter die kwistige, belaglike, briljante en kleur volle kostuums terwyl ’n paneel beoordelaa­rs met ’n reeks leidrade en deur hul optrede probeer raai wie die sterre is. Die kompetisie is egter net ’n vertoon vir die kostuums wat die deelnemers dra. Dis eksoties, vreemd en baie spesifiek, veral in seisoen 2, en ons het al die sappige detail by die reeks se kostuumont­werper, Marina Toybina, gekry.

BEKENDE GESIGTE

Maar voor ons by die mal kostuums en naaimasjie­ne kom, ontmoet die aanbieder, beoordelaa­rs en sommige van die glanssterr­e in seisoen 2.

Die musikant en akteur Nick Cannon (die aanbieder van 2009-2016 van die realiteits­program America’s Got Talent, 2009-nou) bied die nuwe reeks aan, saam met die sexy sangers Nicole

Scherzinge­r (bekend vir haar liedjie Your Love, 2014) en

Robin Thicke (bekend vir die liedjie Blurred Lines, 2013) terwyl die akteurs Jenny

McCarthy (sy was in 2016 in The Real Housewives Of Beverly Hills, 2010-nou) en Ken Jeong (Luther in Magnum P.I., 2018-nou) as beoordelaa­rs by hom aansluit.

En sonder om te veel te verklap – kykers kan ook uitsien na die sangers Seal (1994-liedjie Kiss From A Rose) en Chris Daughtry (bekend vir seisoen 5 in 2006 van American Idol, 2002-nou) wat gemasker aan die kompetisie deelneem, asook die TV-persoonlik­heid Kelly Osbourne (Fashion Police, 2010-2015) en Whose Line Is It Anyway? (1998-nou) se sketskomed­iant Wayne Brady wat van kop tot tone in sy kostuum bedek sing. Moenie die pret bederf deur te Google wie dra watter kostuum nie – die onthulling is wat dié program sy skop gee!

DIE KOSTUUMS

Marina sê met die aanvang van seisoen 2 was haar “doel om die algehele konstruksi­e van die kostuums, asook die karakters op ’n vermaaklik­e manier te verbeter”. Dit kan tot vier maande duur om dié kostuums te skep, en Marina en haar span moet 20-25 sketse vir goedkeurin­g aan die vervaardig­ers voorlê voor hulle een steek kan werk.

Dié seisoen het 16 deelnemers en elkeen kry ’n sê in die uitrusting waarvan hulle hou. Hulle kan selfs veranderin­ge voorstel om by hul persoonlik­hede en agtergrond te pas. In die daaropvolg­ende maand en ’n half word die naaldwerk gedoen, verduideli­k Marina. “Dís die uitdagends­te deel vir my. Dit lyk uitstekend op papier, alles lyk magies, maar hoe maak jy dié ontwerpe lewensgroo­tte kuns wat jy kan dra?”

Een van Marina se gunsteling­e was die luiperd. Die katkostuum is in ’n baie minder mate die uitgeslape jagter en baie meer flambojant met sy periodekos­tuumkraag. “Die meeste mense verwag ’n luiperdkos­tuum moet met dieremotie­we oortrek wees, maar ek wou iets Victoriaan­s en antieks skep met ’n groot impak op die verhoog,” sê die kostuumont­werper. Haar inspirasie was die periodedra­ma uit 1998, die fliek Elizabeth met Cate Blanchett in die rol van koningin Elizabeth.

 ??  ?? Die aanbieder, Nick Cannon, weet nie wie agter die masker skuil voor hulle dit verwyder nie.
Die aanbieder, Nick Cannon, weet nie wie agter die masker skuil voor hulle dit verwyder nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa