TV Plus (Afrikaans)

Kos vir ’n koning

Die TV-sjef Marinda Engelbrech­t leef haar kosdroom uit in Laat Die Potte Prut.

- Seisoen 11 Donderdae VIA (*147) 20:00 (begin 13 Augustus) Laat Die Potte Prut

“Die grootste fout wat mense maak wanneer hulle potjiekos berei, is om te dink dit moet ’n souserige gereg wees,” vertel Marinda Engelbrech­t, aanbieder en beoordelaa­r van die potjiekos-kompetisie­reeks Laat Die Potte Prut (2016-nou). “Die potjie is eintlik ’n oondjie en jy moet iets daarin gaarmaak.”

Marinda, wat saam met haar man, Johann, op die weskusdorp­ie Yzerfontei­n woon, maan ook daar is ’n ander groot probleem wanneer mense potjiekos maak. “Ek herhaal dit in elke episode: Proe jou kos. Mense gooi altyd te min sout by. Jy kan nie kos voorsit as jy nie self daaraan geproe het nie.”

KOMPETISIE

Marinda en haar mede-aanbieder,

Alvin Bruinders (Sheridan van Vetkoekpal­eis, 1996-2005), kom goed oor die weg. “Ons dag begin om 08:00. Die drie deelnemend­e spanne is gewoonlik om 11:00 op die stel en kry vier uur om ons met hul potjies te verras. Daar moet ’n voorpot (voorgereg), hoofpot (hoofgereg), gebak en bypot (bykos) wees. “Die lekkerste potjies is dié wat uit die hart kom. Eenvoudig en sonder fieterjasi­es,” vertel sy.

BAK EN BROU

Om te kook is nie vir haar werk nie.

“Dit is my passie, iets wat ek al vanaf 4 jaar oud doen. My gesin het op ’n plaas buite Durbanvill­e (in die Kaap) gebly, en daar is altyd gebak en gebrou,” onthou Marinda.

Sy het aanvanklik onderwys en drama gestudeer, maar besluit om te doen waarin sy uitblink – kos maak.

Marinda was een van die 20 finaliste in seisoen 1 van die kosrealite­itsreeks Kokkedoor (2013-2019). Met haar koskennis het sy einde 2017 die kanaal VIA genader met die idee vir ’n reeks, Maklik Met Marinda (2018-nou) en dié reeks is reeds in sy vierde seisoen. Sy is vroeg vanjaar gevra om deel te wees van Laat Die Potte Prut (seisoen 10) nadat die vorige aanbieders, Frik

Oosthuizen en Piet Marais, die reeks verlaat het om meer aandag aan hul ondernemin­g Santa Anna’s – vervaardig­ers van Mexikaanse mielieskyf­ies en salsas – te gee.

MET ’N BYT

Marinda het altyd uie, suurlemoen­e en knoffel in haar kombuis. “As daar ’n rissie is, gebruik ek dit ook sommer. Ek hou van kos met ’n effense byt,” sê sy en lag. Marinda is nie vol fiemies nie en sal omtrent alles eet, behalwe afval.

 ??  ?? Marinda Engelbrech­t (links) en Alvin Bruinders is aan die roer van sake in Laat Die Potte Prut.
Marinda Engelbrech­t (links) en Alvin Bruinders is aan die roer van sake in Laat Die Potte Prut.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa