TV Plus (Afrikaans)

’n Gebroke man en vrou

Connie steek haar miskraam vir André weg.

-

Verskeie vroue ervaar die trauma van ’n miskraam en die boetiekbes­tuurder Connie (Quinne Brown Huffman) in die sepie 7de laan (2000-nou) het ongelukkig onlangs ook haar baba ná ’n miskraam verloor. Maar sy steek dit goed weg. “Dit het nie op die skerm plaasgevin­d nie,” bevestig Quinne. “Sy gee al ’n rukkie ’n skynswange­rskap voor omdat sy nie die werklikhei­d dat sy die baba verloor het, kan hanteer nie. Sy het nie die hart of die moed om André (Marcus Muller), die pa, daarvan te vertel nie.” Maar so ’n groot geheim kan nie vir lank in die donker bly nie en André gaan een of ander tyd op ’n manier uitvind . . .

ANDRÉ SE ENIGSTE VRIEND

Sedert die nuus van André se vroueslane­ry en selfdoodpo­ging in Junie aan die lig gekom het, het die gemeenskap van Hillside hom die rug toegekeer en hy is nie meer welkom in die omgewing nie. “Dis asof André melaats is, want niemand wil met hom meng nie, behalwe Connie wat ten spyte van die aantygings teen hom tyd saam met hom wil deurbring,” sê Marcus. “Hul reaksie teenoor André is nie ongewoon nie,” voeg Marcus by. “André was ’n vooraansta­ande prokureur wat juis vroueslane­rs en verkragter­s agter tralies gesit het, en toe kom dit uit hy is nes een van hulle.”

Connie sukkel om te glo André het Mariaan (Deirdre Wolhuter), met wie hy tot onlangs in ’n verhouding was, werklik geslaan en mishandel. “Terwyl Connie en André (verlede jaar tot in Februarie vanjaar) in ’n verhouding was, het André nooit sy hand teenoor Connie gelig nie,” sê Quinne. “Sy is bewus van sy traumaties­e verlede dat sy pa hom en sy ma mishandel het, maar nooit in haar wildste drome het Connie gedink André sal soos sy pa word nie.” Connie het ook haar eie ervaring van mishandeli­ng met haar eksman Matt (David Dukas, 2016-2017) wat haar aangerand het. Sy het in 2016 van hom af weggevlug en uit Amerika, waar hulle gebly het, ’n veilige hawe in Hillside kom soek. “Matt was ’n slegte man en Connie kan eenvoudig nie vir André oor dieselfde kam skeer nie.”

HAAR GROOT LIEFDE

Tussen al die drama deur beskou Connie André steeds as haar groot liefde. “Hy ken haar donkerste en swakste tye,” sê Connie. “Hy was daar toe haar gesig geskend is in die granaat-ontploffin­g terwyl sy deur die Haven-kultusgroe­p in 2018 gyselaar gehou is.”

Die letsels op haar wang het haar soos ’n monster laat voel wat tot ’n emosionele en psigiese ineenstort­ing gelei het. Maar met André se hulp en die plastiese chirurgie waarvoor André betaal het, het sy gou weer herstel.

Quinne wil nie te veel verklap oor hoe of wanneer Connie gaan besef André is inderdaad skuldig aan die vroueslane­ry nie. “Maar wanneer sy dit wel besef, gaan sy baie hê om oor na te dink, en moet besluit of sy werklik vir André kan vertrou,” sê Quinne.

VERANTWOOR­DELIKHEID

André moet verantwoor­delikheid aanvaar vir sy dade, wat Connie dalk sal help om die waarheid te sien. “Hy weet hy het drooggemaa­k. Sy reputasie en werk as prokureur is daarmee heen,” sê Marcus.

En dan is daar die saak wat Mariaan teen hom aanhangig gemaak het. “Of sy daarmee voortgaan, weet ek nie,” sê Marcus. “Die skrywers is nog besig om aan daardie storielyn te werk, maar na my mening is dit net reg dat André boet vir sy sondes. Dis die enigste manier waarop hy daarvan verlos kan word en hopelik weer oor kan begin.”

HUNKER NA ’N GESIN

Intussen breek Connie se hart in die stillighei­d oor die verlies van haar ongebore kind. Quinne sê: “Sedert Connie in 2016 na Hillside teruggekee­r het, het die hunkering na haar eie gesin al hoe groter geword.” Daar is min bekend oor Connie se agtergrond en haar familie, behalwe dat sy Paula van der Lecq (Diaan Lawrenson, 2004-2017) se niggie is en ’n oom Hugo (Tobie Cronjé, 2019) het. “Ek hoop die skrywers sal dit mettertyd verder inkleur en dat ons meer oor haar familie kan uitvind noudat haar kanse om ’n eie gesin te hê deur haar vingers glip,” verduideli­k Quinne.

In Augustus gaan Connie probeer om oop kaarte met André te speel oor haar miskraam, maar of sy dit gaan deurvoer, sal ons moet sien.

Marcus wil nie verklap of André die waarheid gaan uitvind nie, maar sê wel “as dit moet uitkom, sal dit die doodslag vir André wees . . .”

’N FENIKSVLUG

Hoop blom wel uit dié tragiese storielyn. Quinne verseker kykers die terugslag sal Connie nie finaal knak nie. “Sy is ’n sterk vrou en sal op ’n manier aan die anderkant uitkom en weer geluk vind.” En dit kom dalk vroeër as wat ons dink, want later in Augustus kry Connie weer hoop vir die lewe.

Marcus weet nog nie wat in André se toekoms lê nie, maar hy hoop die karakter kan ’n tipe feniksvlug ervaar. “Ek sal nie omgee nie as hy homself mettertyd heeltemal kan transforme­er in iemand wat ’n tweede kans verdien.” Sal dit nou nie gaaf wees nie!

VERLEDE KEER

Marvin het DeWet perspektie­f probeer gee, Erika het Lana oor haar en Shawn se huwelik uitgevra, Thomas en Nikki was besig met iets geheimsinn­igs, en Fikani het ’n groot lewensbesl­uit geneem. Justin het vir Bonita ’n interessan­te foto gewys wat haar nuuskierig gemaak het, Kopano het Khethiwe moed ingepraat, en Romeo het met sy ouers oor die tweeling Eddie en Vee gepraat. Lana het Shawn oor sy seksualite­it gekonfront­eer.

12 – 14 AUGUSTUS

Gabby het mediese hulp nodig, Rickus is tevrede met die stand van sake, en Marko gee onwetend vir Esti ’n idee. Lana kry terugvoeri­ng oor die tweeling Eddie en Vee, Marvin se speurinsti­nk skop in wanneer dinge nie sin maak nie, en Bonita bevind haar in ’n moeilike situasie.

17 – 21 AUGUSTUS

Vince neem standpunt in, Rickus deel goeie nuus met sy ma Mariaan, en DeWet aanvaar ’n uitdaging. Shawn kry ’n onverwagte gas, dinge loop nie volgens plan vir Bonita nie, en Aggie het genoeg gehad van die drama en sit haar voet dwars. Esti neem Fikani in haar vertroue, en Nikki is nie gelukkig met DeWet nie. ’n Voormalige inwoner daag in Hillside op, en DeWet se nuwe vriendskap blom.

24 – 25 AUGUSTUS

Fikani spreek sy kommer teenoor Justin uit nadat hy met Bonita gepraat het, Rickus sit uiteindeli­k sy voet ferm dwars, Aggie sit met ’n probleem, en Lana maak die verkeerde afleiding.

SPELERS: Aggie Ngwenya Mimi Mahlasela • Alexa Welman Carina Nel • André Vosloo Marcus Muller • Bonita Meintjies Hildegardt Whites • Connie van der Lecq Quinne Brown Huffman • DeWet Basson Dirk Stoltz • Eddie Peterson El-Kody Langeveldt • Erika Basson Corine du Toit • Esti Fouché Reandi Grey • Fikani Chauke Nicholas Nkuna • Gabby

Blyde Smith • Ivy Peterson Nazli George • Justin Langley Dann-Jaques Mouton • Khethiwe Sesethu Ntombela • Kopano Sithole Thabo Mhlanga • Lana Basson Mila Guy • Lesedi Moloi KB Motsilanya­ne • Llewellyn

Liaan Ferreira • Mariaan Welman Deirdre Wolhuter • Marko Greyling

Francois Lensley • Marvin Peterson Duncan Johnson • Nikki Basson

Danielle Retief • Rickus Welman André Lötter • Romeo Peterson Clint

Aplon • Shawn Basson Deànré Reiners • Thomas Fouché Vian Singleton

• Vee Peterson Zoey Volkwyn • Vince Meintjies Jacques Blignaut

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Connie se wang is in 2018 in ’n ontploffin­g geskend.
Connie se wang is in 2018 in ’n ontploffin­g geskend.
 ??  ?? Connie en André in gelukkiger tye toe hulle na babaklere vir hul kleinding kyk.
Connie en André in gelukkiger tye toe hulle na babaklere vir hul kleinding kyk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa