TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

• Y&R het verfilming gestaak weens die Covid19-pandemie en saai ’n keur van episodes volgens temas uit totdat verfilming hervat. Bold het weer begin skiet, maar saai steeds die spesiale keur uit (*uitsaaidat­ums in die VSA).

BOLD (ONTHOU DIÉ BOTSINGS)

Wyatt word onkant gevang wanneer hy by die strandhuis inloop en ’n kwellende toneel sien, Bill is reg om enige gevolge van sy dade te dra, en Sally en dr. Escobar sleep ’n bewustelos­e

Flo na Sally se woonstel. Flo is geskok dat Sally haar ontvoer het, en dr. Escobar soebat Sally om nie met haar plan voort te gaan nie. Steffy se lewe is in gevaar wanneer sy in ’n ongeluk is. Sally probeer Wyatt verlei, maar hy sien Flo se boodskap, en Bill vertel Ridge en Brooke wat met Steffy gebeur het.

DAYS

Ben en Ciara se troudag kom nader, maar ook iets uit hul verlede wat hul spesiale dag kan verongeluk. Claire word van sabotasie beskuldig, maar sy wil ook graag by die troue wees, en Belle kan nie glo haar dogter het nie teen Ben en Ciara saamgeswee­r nie. Ben sukkel om te slaap weens drome oor Jordan, Shawn en Belle plaas druk op Claire om ’n bekentenis te maak, en Ben het ’n probleem. Gabi worstel met die nuus van Stefan se dood, en noudat Jake sy verlede ken, dink hy oor die toekoms.

Y&R (AANHANGERS SE GUNSTELING-EPISODES)

Kykers word in die sepie se eerste episode bekendgest­el aan Brad Elliot wat in Genoa City aankom. Dina vertrou Ashley nie, Cricket se modelloopb­aan begin, en Katherine sien haarself in die spieël ná ’n gesigsontr­impeling (1984). Michael wil Cricket tot ’n val bring, en Neil en Dru vier hul troue saam met familie en vriende (1993). ’n Glansperso­on steel die kalklig by die Restless Style-modeverton­ing (2008), en Devon en Hilary se troudag verloop nie volgens plan nie (2015).

 ??  ?? Steffy Forrester.
Steffy Forrester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa