TV Plus (Afrikaans)

Twee booswigte werk saam

Zoe wil van Tim skei, maar hy gaan dit nie vir haar maklik maak nie.

-

Al die tekens is daar – Zoe (Lauren Joseph) is ongelukkig in haar huwelik en sy wil van haar man,

Tim (Marco Spaumer), skei. Haar hart hunker na haar vorige liefde, Wade (Dean John Smith), en sy kan nie meer die gevoelens wat sy vir hom koester, onderdruk nie. “Zoe twyfel al van die eerste dag af waarop sy trou aan Tim beloof het (in Maart),” sê Lauren. “Sy het regtig probeer om haarself te oortuig die huwelik met Tim was die regte ding om te doen, maar haar hart het ’n ander storie vertel.”

Dit het Zoe ook ontstel dat Wade onlangs ’n verhouding met die nuwe intrekker, Joy (Monique

Rockman), aangeknoop het en hy skynbaar vergeet het hoe goed hy en Zoe as ’n paartjie saam was. Dit het haar laat besef sy moet Wade vertel sy het nog gevoelens vir hom. “Maar dis makliker gesê as gedaan,” verklap Lauren, want Tim gaan sy vrou nie haar sin gee nie – en Tim kry tot hulp van die bose Nazeem

(Irvine van der Merwe) om te verseker Zoe bly by hom.

SLEGTE TYDSBEREKE­NING

Wade is briesend vir Zoe wat hom soen en haar liefde vir hom verklaar en belowe om van Tim te skei. “Haar tydsbereke­ning is sleg,” sê Dean. “Zoe het sy hart in duisend skerwe gebreek (toe sy met Tim getrou het) en hy het pas daaroor gekom – en nou soek sy hom terug. Joy is nou sy girl, maar nou kom Zoe en krap alles om, en soos ons weet, het Wade ’n sagte plekkie vir Zoe.” Wade is huiwerig om weer sy hart vir

Zoe oop te maak, en al sukkel Zoe om sy huiwering te verstaan, baklei sy steeds vir hul liefde tydens ’n vurige gesprek met Wade. En voor Wade homself kan keer, swig hy en soen haar passievol.

Dean sê Zoe se erkenning dat sy die grootste fout van haar lewe gemaak het deur met Tim te trou, het hom anders na haar laat kyk. “En hy het weer die toekoms met Zoe waaroor hy gedroom het, begin sien.” Daarom beëindig hy kort daarna sy verhouding met Joy, tot Joy se teleurstel­ling.

‘DIEP SEERGEMAAK’

Tim, wat die afgelope ruk ’n booswig in eie reg geword het, verwag al vir ’n rukkie Zoe gaan hom vra om te skei, want hy kon die tekens sien. Maar wanneer sy hom uiteindeli­k vra, maak hy of sy hom heeltemal onkant betrap en hy diep seergemaak is. “Tim is ’n goeie toneelspel­er,” sê Marco. “Hy speel op Zoe se gevoelens om haar te laat skuldig voel, maar terselfder­tyd is hy ook bang hulle skei en hy gaan nie meer in die binnekring van Bridgette (Denise Newman), Zoe se tannie, en haar besigheid wees nie.” En dit kan hy nie toelaat nie, daardie mag is vir hom net te belangrik.

TIM KORT HULP

“Tim dreig Bridgette dat hy vir Zoe die waarheid gaan vertel hoe hy en sy saamgewerk het om Zoe en Wade destyds uitmekaar te dryf indien haar tannie nie die egskeiding in die kiem smoor nie,” sê Marco. Maar Bridgette – wat besef Zoe is ongelukkig en haar dit nou gun om saam met Wade te wees – skrik nie vir Tim nie en maak dit duidelik niks gaan Zoe en Wade dié keer uitmekaar hou nie. En uit desperaath­eid gaan klop Tim by sy vyand Nazeem se deur aan om hulp. Hoe Nazeem vir Tim gaan help, mag ons nie verklap nie, maar arme Zoe se lewe word heeltemal omvergegoo­i wanneer Wade haar uit die bloute afsê [lees meer op bl.29] en haar laat verstaan daar is nie ’n toekoms vir hulle nie.

TERUG BY TIM

’n Gebroke Zoe keer druipstert terug na Tim wat haar natuurlik met ope arms verwelkom. “Tim weet hoe om Zoe te manipuleer en hy kan sien sy is gebroke. Hy maak misbruik van haar emosionele toestand en sê hy sal haar altyd beskerm en vir haar omgee,” sê Lauren. Maar ons weet beter: Tim is boos en sal enigiets doen hom homself te verryk.

En dalk het hy ’n groot fout gemaak om die geslepe Nazeem om hulp te vra – iets wat Tim besef wanneer Nazeem hom daaraan herinner hy gaan Tim binnekort vir ’n gunsie vra in ruil vir Zoe wat terug is in sy arms.

 ??  ??
 ??  ?? Zoe en Wade kan die passie nie keer nie en soen mekaar hartstogte­lik.
Zoe en Wade kan die passie nie keer nie en soen mekaar hartstogte­lik.
 ??  ?? Zoe (inlas) vra Tim vir ’n egskeiding.
Zoe (inlas) vra Tim vir ’n egskeiding.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa