TV Plus (Afrikaans)

Leë beloftes

Joy is keelvol vir Nazeem en besluit om sy geld te steel.

-

Joy (Monique Rockman) is briesend vir Nazeem (Irvine van der Merwe)! Hy het haar in leë beloftes laat glo: Hy sou haar help om haar eie ontkleeklu­b op die been te bring, maar dit was alles ’n leuen. Hy wou die plek vir sy eie gewin gebruik. “Sy sien nou die waarheid raak en voel ’n veer vir hom en besluit om die geld in sy kluis by sy winkel te steel,” sê Monique. Maar Joy maak ’n reusefout, want Nazeem gaan haar uitvang en hy sal nie skroom om haar – of enigiemand wat hom indoen – leed aan te doen nie.

NAZEEM ONTPLOF

Joy word amper met die gesteelde geld betrap wanneer Nazeem haar besoek om oor die klub te gesels, en sy moet vinnig die regte geluide maak sodat hy niks agterkom nie. Nazeem besef intussen van sy geld is weg, en hy ontplof. “Niemand steel iets van Nazeem nie,” sê Irvine. “Hy konfrontee­r sy vriend Gershwin (Morné Steyn) daaroor, maar Gershwin wys die vinger na Joy.” Nazeem wil dit nie glo nie, maar gaan wel na Joy se woonstel en keer die plek om, en tot sy teleurstel­ling kry hy die geld daar.

’N VREESBEVAN­GE JOY

Nazeem konfrontee­r Joy oor die vermiste geld, en sy is vreesbevan­ge. “Die aap is uit die mou,” sê Monique. “Joy weet Nazeem is tot enigiets in staat en sy het dinge nou te ver gevoer.”

Joy besef sy moet bieg en probeer verduideli­k waarom sy die geld gesteel het, maar Nazeem wil niks weet nie. “Niemand bedrieg Nazeem en kom daarmee weg nie,” sê Irvine. En sonder om twee keer te dink, jaag Nazeem Joy na haar kamer en sluit haar toe – ten spyte van haar protes.

LEWE GEDREIG

Joy se situasie vererger spoedig. Nie net het haar ekskêrel, Wade (Dean John Smith), haar afgesê nie [lees meer op bl. 28], maar Nazeem bedreig Joy se lewe. En dan eis Nazeem iets van Wade om Joy se veiligheid te verseker. “Wat Wade presies moet doen, kan ek nie weggee nie,” sê Monique. “Maar dit het ’n groot invloed op Wade se lewe.”

Nazeem het Joy intussen vrygelaat, maar gooi haar uit haar woonstel, want hy betaal die huur, en nou sit Joy op straat. “Joy het al baie klippe gekou in haar lewe, en al is hierdie voorval ’n groot terugslag vir haar sal sy op ’n manier weer haar voete vind,” sê Monique moedig.

Of sy reg is, sal ons moet sien, want die toekoms lyk donker.

VERLEDE KEER

Farah het haar verskyning in Ruiterbosc­h gemaak en haar tuisgemaak­te skoonheids­produkte begin verkoop, Imraan en Kaashifa het besluit om ’n verhouding aan te knoop, en Joy het swaar aan haar dubbele lewe gedra.

12 – 14 AUGUSTUS

Wade moet groot besluite neem, Nazeem ontdek iets wat sy bloed laat kook, en Wade moet ’n stap doen wat vir hom bitter moeilik is. Mrs J. neem ’n besluit wat Lee-Ann heeltemal onkant vang, Bridgette merk iets op wat haar laat wonder, en Joy is bekommerd oor wat Nazeem aan haar gaan doen.

17 – 21 AUGUSTUS

Tim kry skokkende nuus, Imraan en Kaashifa wroeg oor hul geheim, en AB voel skuldig oor Farah. Wade kom voor ’n onmoontlik­e keuse te staan, Kaashifa sukkel met haar skuldige gewete, en AB het ’n afspraak vir die aand. Zoe sien nie meer kans vir haar huwelik met Tim nie, Tim het goeie nuus vir die familie en Bridgette het nuus van haar eie. Wade hou hom skaars, Zoe en Joy is albei gebroke, en Ty kry goeie nuus. Rabia gee vir Imraan stof tot nadenke, en Joy veg om staande te bly.

24 – 25 AUGUSTUS

Rabia nader AB om haar te help met ’n probleem wat sy het, Zoe het ’n eerlike gesprek met Tim oor hul toekoms, en Lee-Ann en Nazeem se verhouding verdiep. Imraan voel die druk van sy situasie, Bridgette maak planne om Nazeem te ondermyn, en Ty kry ’n nuwe idee om geld te maak.

 ??  ?? Joy (inlas) speel met vuur deur van Nazeem te steel.
Joy (inlas) speel met vuur deur van Nazeem te steel.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa