TV Plus (Afrikaans)

Verlore tyd om in te haal

Steve en Wendy knoop ’n geheime verhouding aan.

-

Dit was ’n groot skok vir die voormalige tronkvoël en bendebaas Steve (Elton Landrew) toe hy in Julie uitvind hy is Debra (Kay Smith) se biologiese pa. Die nuus het hom onkant gevang, want Debra het op hom verlief geraak, en dit was moeilik om vir haar te vertel daar is wel ’n band tussen hulle, maar dit kan nooit romanties wees nie. Tans sukkel Debra nog om die nuus te verwerk, maar Steve is meer vasberade as ooit om ’n ware vaderfiguu­r vir haar te wees. En hy wil ook verlore tyd met Debra se ma, die slinkse sakevrou, Wendy (Rehane Abrahams), inhaal. Dis ook nie lank nie, of ou gevoelens tussen Wendy en Steve vlam weer witwarm op.

HOU DIT STIL

“Wendy skop aanvanklik vas teen haar gevoelens vir Steve,” sê Rehane. “Maar dit hou nie lank nie. Sy is beslis dolverlief op hom, maar sy wil nie hê die hele Arendsvlei moet dit weet nie, daarom hou hulle hul verhouding vir eers stil.” En dis wys, want as Steve se suster,

Janice (Crystal-Donna Roberts), daarvan moet uitvind, sal die hel los wees! “Janice het nog nooit ’n geheim daarvan gemaak dat sy nie van Wendy hou nie,” meen Elton. “Steve steek die verhouding vir Janice weg, want hy weet dit sal haar ontstel, maar dit gaan nie lank wees voor sy snuf in die neus kry nie.”

Debra, wat geen idee het van haar ouers se romanse nie, reik uit na hulle en probeer vrede maak deur hulle vir ete te nooi. “Debra is verheug om haar pa in haar lewe te hê en wil graag ’n geleenthei­d skep waar hul ’n happy

family kan wees,” sê Rehane. “Maar dit gaan nog ’n rukkie duur voor sy haar ma weer ten volle gaan vertrou (omdat sy die waarheid oor wie haar pa is van haar weerhou het).”

VERSKERP JOU MAG

Intussen besef Steve hy moet ondanks sy nuwe kitsgesin weer woeker om sy mag en invloed in die gemeenskap te versterk. “Daar is groot drama met dwelms in die omgewing en by die skool, en as daar een ding is waarteen Steve ernstig gekant is, is dit dwelms,” sê Elton. Dus gaan ruk hy die plaaslike dwelmsvers­kaffers Woelag

(Ceagan Arendse) en sy trawante ’n bietjie rond, min wetende hulle werk onder Wendy se gesag . . . Wat sal gebeur wanneer Steve uitvind Wendy sit agter die dwelms?

“Ek kan nie te veel hieroor sê nie,” sê Elton. “Maar wie weet, dalk word Wendy en Steve nog die nuwe Bonnie en Clyde. Anders gaan Steve Wendy dalk lelik laat les opsê.”

VERLEDE KEER

Fred het Elsa met ’n romantiese gebaar bederf, Zane was in ’n hoek gedryf, en speurder Karelse het nóg ’n klopjag by die Hoërskool Arendsvlei uitgevoer. Beatrice het Daniel gevat om vir Laetitia te gaan kuier, en Saartjie het op Daniel verlief geraak.

12 AUGUSTUS

Ronel bespreek haar toekomspla­nne met ’n ongelukkig­e Thys, en Steve besef hy gaan homself moet hervestig as iemand met wie niemand kan mors nie.

17 – 19 AUGUSTUS

Valdonia en Chantel groet hul geliefdes voor hul opwindende nuwe hoofstuk begin, Zane besef sy moeilikhei­d is nog lank nie verby nie, en Debra verras haar ouers terwyl hul verhouding al hoe gevaarlike­r raak. Thys is gereed vir nog kinders en besluit om dit met Ronel te bespreek, Petra vra vir Janice om met Zane te praat, en Laetitia vertel uiteindeli­k die storie van haar kinders. Fred en Elsa nooi Janice en Lionel vir ’n vasvra-aand, en Steve maak seker Woelag, Stretch en Rekkie neem hom ernstig op.

24 – 25 AUGUSTUS

Woelag maak seker Wendy betaal vir haar geheime, die spanning loop hoog terwyl almal gereedmaak vir die Hoërskool Arendsvlei se

7de verjaardag, en Daniel ontvang ontstellen­de nuus. Wendy vind uit van Woelag se nuwe plan en wurm haarself daarin.

VERLEDE KEER

Miguel is van mensehande­l beskuldig en deur die polisie ondervra, Graciela het aan Juan gesê sy wil Los Olivos hê, of anders . . . Fernanda het gesukkel om haar pa se nuwe meisie te aanvaar.

12 – 14 AUGUSTUS

David verduideli­k aan Luciana hoekom hy nog sy trouring dra, en Juan neem ’n eed hy sal David op sy knieë bring. Gutiérrez is desperaat om Marta se hart terug te wen, maar sy stel nie in die minste belang nie. Graciela is verras wanneer David aankondig hy gaan hul vennootska­p beëindig, en David is gereed om sy kinders te vertel Luciana is die vrou wat hy liefhet.

17 – 21 AUGUSTUS

Graciela waarsku Luciana sy sal enigiets doen om Luciana en David se verhouding te vernietig, Bobby sê vir Marta hy ondersteun haar dogter se verhouding met sy pa, en David is op die oorlogspad wanneer hy Graciela en Lilian daarvan beskuldig dat hulle sy kinders teen hom opmaak. Fernanda betrap haar pa en Luciana wat mekaar soen en Fernanda klap haar, Luciana sê sy wil nie tussen David en sy kinders kom nie en sal terugstaan sodat hy sy familieban­de kan herstel, en Fernanda probeer later selfdood pleeg. Mark vind uit iemand het die onwettige werkers help ontvlug.

24 – 25 AUGUSTUS

Graciela probeer die sielkundig­e, wat Fernanda behandel, omkoop, en David soek antwoorde by Tano ten opsigte van ’n brief wat Fernanda ontvang het. Mark en Juan span saam om Miguel uit die pad te kry en huur twee mans om hom op te dons, en Adolfo se dogter, Erika, vind uiteindeli­k uit haar pa gaan met Lilian uit.

• Lees meer op bl. 11.

VERLEDE KEER

Claire was woedend oor Jade se verraad, Tripp was op die oorlogspad, en Sonny het onthou wie Deimos vermoor het.

12 – 14 AUGUSTUS

’n Vreemdelin­g bevestig Sonny se bekentenis, Hope en Rafe het iets om te vier, en Hope waarsku Abby oor Dario. Paul ondersteun Sonny, en Lucas sien hoe Justin Adrienne vertroos. Victor besoek Sonny, Chad het ’n nuwe aanbod vir Theo, en Rafe, Hope en Lani se ondersoek lewer ’n nuwe verdagte op.

17 – 21 AUGUSTUS

Abby plant ’n meeluister­toestel in Dario se kantoor, Steve vertel Kayla van sy kommer, en Brady vind Eric en Nicole saam. Marlena doen drastiese stappe sodat Sonny kan onthou wat gebeur het, Eli het ’n aanbod vir Lani, en die DNS-uitslag is bekend. Jennifer en Adrienne probeer die besigheid red, Steve dink iemand wil ’n strik stel vir Kayla, en Abby ontdek Dario se geheim.

24 – 25 AUGUSTUS

Kate en Andre baklei, Lani dink sy en Eli gaan Dario ontmasker, en JJ het ’n ernstige waarskuwin­g vir Chad. John en Paul maak ’n skokkende ontdekking, Hope is eerlik met Rafe oor Dario, en Kate het ’n nare verrassing vir Abby.

VERLEDE KEER

Ipek en Sahap het seker gemaak Kiymet ken haar plek nadat sy haar grense oorskry het, Süreyya het ’n nare verrassing vir Dilara gehad, en Esma was nie gelukkig met die nuus van Süreyya se swangerska­p nie. Fikret het sy skadukant gewys, Faruk het Adem en Dilara se afspraak bederf, en Senem het nuwe insig gekry.

12 – 14 AUGUSTUS

Ipek probeer Esma oortuig Süreyya spel teëspoed, die Boran-huishoudin­g is gespanne ná ’n brand, en Faruk kry skokkende nuus van Akif. Begüm moet ’n moeilike besluit neem oor haar gesondheid en die voortsetti­ng van chemoterap­ie. Süreyya is opgewonde oor die nuus dat die skool mag heropen, Begüm wil Faruk onder oë kry, en Ipek voer ’n nare plan in die mou. Senem maak ’n ooreenkoms met die duiwel, en Bade se gedrag maak baie mense bekommerd.

17 – 21 AUGUSTUS

Süreyya het genoeg gehad van Esma se inmengery by haar werk, Bade probeer selfdood pleeg, en Fikret ontstel sy familie. Murat se optrede skok sy gesin, Süreyya reik uit na Bade en bied aan om haar te onderrig, en Emir se aankoms by ’n gesinsete laat almal kopkrap. Faruk is op soek na die waarheid, Esma en die broers probeer uitpluis of Emir Faruk se seun is, en later vra Faruk Pelin moet Begüm aansê om hom en Süreyya uit te los. Ipek is jaloers en haar gevaarlike plan kan Süreyya en haar kind verpletter.

24 – 25 AUGUSTUS

Akif sluit ’n groot saketransa­ksie, Esma is geskok wanneer sy ’n ontstellen­de ontdekking maak, en Begüm kry goeie nuus oor haar behandelin­g. Faruk konfrontee­r Esma oor die DNS-toets wat agter sy rug gedoen is.

• Die kanaal het seisoen 3 sonder vooraf kennis begin uitsaai.

TOE ONS LAAS GEKYK HET:

Dilara se suster, Asuman, het mense omgekrap, en Deniz het nader aan sy pa, Burhan, gekom. Asuman en Dilara het baklei, Cansu was moeg vir al die mediese behandelin­gs, en Hazal het verdwyn.

12 – 14 AUGUSTUS

Asuman maak ’n groot fout wat sy later gaan berou, Burhan wil Ozkan bangmaak, en Cansu onthul per ongeluk haar donker geheim. Deniz is in ’n lelike situasie vasgevang, Cihan probeer ’n vriend help, en Mithat verklaar sy liefde aan ’n verbaasde Hazal. Asuman se vreemde gedrag kwel almal, Hazal maak haar hart teenoor ’n familielid oop, en Deniz vat sy beste vriend vas.

17 – 21 AUGUSTUS

Dilara kry die oorhand in ’n geveg, Mahide se toestand versleg, en Cansu het ’n senu-ineenstort­ing. Ozan hou Asuman dop, Mahide verskaf bewyse in die Ozgur-moordonder­soek, en Keriman maak ’n ontstellen­de ontdekking by sy huis. Ozgur se ma daag op, Harun is verplig om ’n moord te pleeg, en Cansu se familiereü­nie onthul probleme. Rahmi praat met Keriman oor sy emosionele laste, Mahide se gesondheid versleg, en Asuman en Candan vlug. Burhan veroorsaak ’n rampspoedi­ge ongeluk. Hatice gee ’n brief van Mahide aan die verkeerde persoon, en Asuman hoor iets wat nie vir haar ore bedoel was nie.

24 – 25 AUGUSTUS

Deniz is bekommerd oor iemand se gesondheid, Mithat maak sy verskuilde agenda bekend, en Harun se seun ontstel hom. Cansu se gesin bid dat sy uit die koma sal ontwaak.

VERLEDE KEER

Mrekza moes nóg ’n verwerping verwerk, Mazwi was op die oorlogspad, en Lucy het ’n moeilike tiener by die huis gehad.

12 – 14 AUGUSTUS

Jerah snou Mpho ’n paar kwetsende woorde toe, die stryd om die troon by #Ezweni raak vurig, en Zitha sukkel om Jack se optrede ná ’n raadsverga­dering te verstaan. Lucy maak ’n belofte aan Mbali, Fikile behandel haar minnaar stief, en Tau vind interessan­te dinge oor familieled­e uit. Mbali se goeie nuus word met afgryse begroet, en iemand vra Tshidi om ’n guns.

17 – 21 AUGUSTUS

Zitha het genoeg gehad van Jack se gedrag en sit haar voet dwars, en Mpho se verbreekte verhouding het verrassend­e gevolge. ’n Vriendelik­e ontmoeting laat Gadaffi se bloed kook, en Lesedi word gemanipule­er om iemand anders se vuilwerk te doen. Tshidi vind uit haar man is nie so sagsinning soos sy gedink het nie, Jack wys Zitha waar sy lojaliteit lê, en Mbali kry ’n nare verrassing in KZN. Lucy raak ál meer bekommerd oor Mbali, daar’s ’n nuwe baas by Flying News, en Gadaffi se teenwoordi­gheid slaan Mpho stom.

24 – 25 AUGUSTUS

Tshidi voer dinge ’n bietjie te ver met oom Kabisi, Lesedi is platgeslaa­n wanneer sy hoor haar eks het haar idees gesteel, en Jerah se manipulasi­etaktiek boemerang. Zitha word in ’n geheime vergaderin­g betrap, en sommige mense is tevrede om geld te maak uit ander se ongeluk.

VERLEDE KEER

Buhle het iets wilds aangevang om Ntokozo se aandag te kry, Thathi het deur Mohato se toedoen ’n onaangenam­e verrassing gekry, en Teddy se planne vir sy liefdeslew­e loop skeef.

12 – 14 AUGUSTUS

Mam’Sonto is beangs wanneer sy uitvind Thathi steek ’n potensieel gevaarlike geheim vir haar weg, Melusi en Gladys stem nie saam oor huishoudel­ike kwessies nie en hul meningsver­skille dreig om die skool se debatskomp­etisie te kelder. Die kompetisie het ’n verrassend­e uitslag, en Thathi se plan om Mohato uit die maatskappy te skop, verloop vlot.

17 – 21 AUGUSTUS

Buhle vra Ntokozo moet haar eerlik sê of hy haar liefhet of nie, Mohato sukkel met al die versmorend­e reëls van die Dlamini’s, en Teddy se plan om Langa en Ntokozo te versoen, boemerang lelik. Langa en Buhle deel ’n intieme oomblik, terwyl Mohato en Gladys ’n hewige geveg het. Teddy is sprakeloos wanneer hy uitvind wat Buhle se plan met Ntokozo is, Langa is salig onbewus van hoe gevaarlik sy nuwe vriend is, en Mazet is op ’n wraaktog. Mohato is verras wanneer Thathi vir aandete opdaag. Dinge tussen Buhle en Ntokozo lyk belowend, maar Gladys onderbreek hul planne, en Teddy gaan uit sy pad uit om Buhle en Ntokozo van hul ouers se voortduren­de inmengery te red.

24 – 25 AUGUSTUS

Pretty konfrontee­r Mam’Sonto oor ’n groot veranderin­g aan haar testament. Buhle en Ntokozo neem ’n ernstige besluit oor hul verhouding. ’n Onthulling deur Mam’Sonto bring Pretty by breekpunt. Ntokozo se verhouding met Buhle veroorsaak meer probleme as wat hy verwag het.

VERLEDE KEER

Buhle het amper ’n skandalige familiegeh­eim uitgelap, Nolo het Pabi probeer help om Senzo te los, en Lentswe het ’n winsgewend­e aanbod gekry, maar teen ’n prys.

12 AUGUSTUS

Pabi sê Nolo moet geduldiger wees oor die verbreking van die verhouding, Patricia raak ál meer besorg oor Mfazwe se paranoia, en Thandeka belowe om dinge met Kgotso uit te stryk.

17 – 19 AUGUSTUS

Nolo begin Pabi se ware bedoelings bevraagtek­en wanneer Pabi die verbreking van die verhouding bly uitstel, en Thandeka neem die voortou om haar en Kgotso se probleme in die slaapkamer op te los. Mfazwe het sy oog op Kitty, Nolo begin Senzo verwyt, en Pabi druip ’n belangrike eksamen. Kgotso daag nie op vir die betoging nie, en dinge raak warm tussen Kitty en Mfazwe. Senzo gee die grondeise-projek aan Nolo oor, en Nkosana is woedend. Zano is ontsteld omdat Kabe sy testament opstel, Cebile moet iemand help om ’n dwelmtoets te fnuik, en Nolo por Kabe aan om saam met hom na QwaQwa te gaan.

24 – 25 AUGUSTUS

Zano vind uit wat regtig tussen Kgotso en Thandeka aangaan, Nolo hoor die waarheid oor Professor se verlede, en Senzo verklap sy verbinteni­s met Nolo. Thapelo kan nie van Moipone wegbly nie, Cebile is gespanne oor die dwelmtoets, en Lentswe moet Patricia se huis verlaat. Zano kom op die gemeenskap­sentrum se gesteelde goed af, Louw wil Nkosana afdank, en Thandeka wil van Nolo ontslae raak.

VERLEDE KEER

Gugu het KK gekonfront­eer, Kgosi het met ’n gevaarlike plan voortgegaa­n, en Sechaba het Imani op ’n afspraak uitgevra.

12 – 14 AUGUSTUS

Tenda en die koningshui­s stamp kop oor Mulalo se grond, en Mbali smeek Kgosi om vergifnis. Teboho is terug met ’n klomp nuwe planne, en Hangwani se lewe word omgekrap wanneer ’n ou gesig weer opduik. Gugu en Imani stem nie saam oor Sechaba nie, Hangwani vind uit Khensani het ’n moeilike tyd beleef, en KK en Teboho se ooreenkoms is op die punt om vernietig te word.

17 – 21 AUGUSTUS

Rendani is geskok wanneer sy ’n dwelmtrans­aksie sien, Teboho mislei Mulalo, en Sechaba hoor die waarheid oor Imani se verlede. Teboho se huwelik is in die moeilikhei­d, Rendani se duur horlosie verdwyn, en Imani en Sechaba het ’n groot geveg. Rendani vra Khensani om verskoning, Sechaba vertel Imani hy het haar lief, en Mulalo is onseker of sy huwelik met Teboho die jongste probleem sal oorleef. Sechaba kry slegte nuus, Mulalo is gereed om KK se kontrak te onderteken, en Teboho se ergste nagmerrie is op die punt om waar te word.

24 – 25 AUGUSTUS

Shaz is in die moeilikhei­d nadat geld verdwyn, Sechaba is eerlik met Imani, en Mulalo en die aandeelhou­ers kom ooreen. Azwindini word gedreig, Khensani se lewe neem ’n wending, en Sechaba word na die hospitaal gehaas.

VERLEDE KEER

Khulekani het sy mededinger, Suffo, se prysuitdel­ing gesaboteer, Dikeledi het haar vriend Mzi agter haar nare kêrel se rug om geld gevra, en Cuba het daggakoeki­es by die kerk verkoop.

12 – 14 AUGUSTUS

Mzi dring by Dikeledi aan om Hammer te verlaat voor hy haar weer seermaak, Puleng se geheime bewonderaa­r vra haar uit op ’n afspraak, en speurder Madikgetla kry bewyse wat daarop dui haar kêrel, Suffo, het ’n affair met die getroude Nandi, maar hy ontken dit wanneer sy hom daaroor vra. Dikeledi bly van die werk weg nadat Hammer haar geld steel, Puleng is teleurgest­eld wanneer die ou nie vir die afspraak opdaag nie, en Suffo erken hy het ’n affair met Nandi.

17 – 21 AUGUSTUS

Khulekani is woedend wanneer sy vrou, Nandi, erken sy het ’n affair met Suffo, en Hammer storm by die Khuses in om Dikeledi te oorreed om hom terug te neem, maar Blossom skop hom uit. Sindiswa stel haar loopbaan voor haar verhouding met Sabelo, Khulekani wil vir sy huwelik veg, maar Nandi se hart is by Suffo, en Dikeledi pak haar tasse in die geheim en gaan terug na Hammer sonder om die Khuses te sê.

24 – 25 AUGUSTUS

Khulekani het ’n bitter smaak in sy mond wanneer Nandi hom vertel sy trek uit hul huis, Mzi is onseker wanneer Hammer sy hulp vra oor sy woedebuie, en Puleng word deur nóg ’n man afgesê.

VERLEDE KEER

Fernanda se geliefde viool het verdwyn, sy het uitgevind sy is swanger, en Pedro het ’n slinkse plan beraam om don Fernando uit die aftree-oord te kry.

12 – 14 AUGUSTUS

Fernanda skenk geboorte aan ’n seuntjie in die tronk, maar Pedro neem die pasgebore baba van haar weg omdat sy hom nie in die tronk kan hou nie. Mariana vertel die polisie Amelia het don Fernando ontvoer, Amelia word in hegtenis geneem, en Fernanda word uit die tronk vrygelaat en met haar seun herenig. Pedro is oortuig Amelia het ten goede verander.

17 – 21 AUGUSTUS

Fernanda vertel Pedro sy sal net uit liefde trou en sy kan nie wag om Carlos in te lig hulle gaan ’n seun hê nie. Maribel word vrygelaat, Fernanda twyfel of sy Carlos van sy seun moet vertel nadat sy van sy ontrouheid hoor, en Marissa is oortuig Carlos is die baba se pa. Carlos word intussen in hegtenis geneem nadat Solórzano hom daarvan beskuldig dat hy Luis aangeval het, Camila is sonder heenkome nadat Mariana haar uit die huis geskop het en daarna ook Pedro, en Javier is oortuig Maribel sal gesond word.

24 – 25 AUGUSTUS

Fernanda waarsku Clarita om vir niemand te sê Carlos is haar baba se pa nie, Marissa word deur Solórzano verraai, en Carlos word op borgtog vrygelaat. Alicia probeer later sensitiewe dokumente by die bank in die hande kry, maar Ignacio Ordoñez voorkom dit, en Carlos en Fernanda praat openhartig met mekaar oor hul jaloesie.

Lees meer op bl. 11.

VERLEDE KEER

Chumani wou ’n goeie mens wees, maar het later ’n hinderlaag saam met Yanga beplan, Phindile was oortuig iemand wil haar planne verongeluk, en nie almal was beïndruk met Romeo se vriend nie.

12 – 14 AUGUSTUS

Chumani kry toestemmin­g om op sekere voorwaarde­s na te jaag wat hy wil hê, en die inhoud van ’n testament verras Phindile. Die Ngemas kry ’n afgryslike aflewering, en Chumani word uiteindeli­k vir sy goeie dade beloon. Tebello droom oor ’n beter lewe, en Phindile moet vinnig dink wanneer ’n probleem oor haar pad kom.

17 – 21 AUGUSTUS

’n Wanhopige versoek verwar Xolile, Grace is in die versoeking, en Lerumo kry ’n vreemde foonoproep. Tebello is oortuig hy het iemand uit sy verlede gesien, en Lerumo vind ’n vreemdelin­g se identiteit uit. Phindile staan op haar regte, Grace besef nie sy word vir die gek gehou nie, en Neo laat duidelik blyk hy is nie ’n ou wat sonder ’n geveg opgee nie. Phindile het ’n moeilike besluit: tradisie, of haar eie behoeftes. Grace bevind haarself in ’n hoek, en Phindile maak die beste van ’n slegte saak.

24 – 25 AUGUSTUS

Gevoelens bemoeilik dinge vir Grace, Lerumo moet verduideli­k, en Phindele kry ’n onverwagte aanbod. Neo raak agterdogti­g oor ’n potensiële nuwe vyand, en die Ngemas is paniekerig.

VERLEDE KEER

Emanuel en Lola het uiteindeli­k erken hulle het mekaar lief, en Simoneta het na die dorp teruggekee­r en almal geskok toe sy aankondig sy is swanger – net om daarna te sterf.

12 – 14 AUGUSTUS

Severiano vind uit Aldonza het Cristóbal in die hospitaal besoek en waarsku Humberto om Aldonza van hom af weg te hou. Severiano steek Simoneta se lyk in ’n trommel weg, Lola is sprakeloos wanneer Mari haar vertel sy het by Emanuel geslaap, en vader Jerónimo beland in ’n vuisgeveg.

17 – 21 AUGUSTUS

Lola wil weet wat van haar ma geword het en konfrontee­r Severiano daaroor, en Severiano herinner Aldonza daaraan dat hy in beheer is en sy beter in haar pasoppens wees. Candela kry Cristóbal skelm uit die hospitaal, Adelina keer dat Aldonza haar pa se graf laat oopmaak, en Severiano is woedend wanneer hy hoor Cristóbal is nie meer in die hospitaal nie. Prudencia is uit die veld geslaan wanneer sy ’n baie naakte Tomás in haar bed aantref, Cristóbal ontvang ’n ontstellen­de DNS-uitslag, en Valeria betrap Tomás en haar ma saam in die bed en eis dat hy haar ma uitlos.

24 – 25 AUGUSTUS

Vader Jerónimo bewys aan almal Aldonza en Cristóbal is nie broer en suster nie en Valeria word flou, Severiano is vasberade om vader Jerónimo agter tralies te sit en daar te hou, en Aldonza en Cristóbal gesels openhartig oor die jongste DNS-uitslag. • Lees meer op bl. 11.

VERLEDE KEER

Die polisie het by die Maputlas se huis opgedaag en iemand in hegtenis geneem, Leshole se lewe is op sy kop gekeer deur die aankoms van ’n geheimsinn­ige vrou, en Charity het met haar seun gesukkel.

12 – 14 AUGUSTUS

’n Nuwe verdagte in die brand by die fabriek kom na vore in die polisie se ondersoek, en Charity se verlede kom spook by haar. Alfred is verward oor ’n oproep van die polisie, en Mokgadi sal enigiets doen om Noah te beskerm wanneer die net stywer om hom span.

17 – 21 AUGUSTUS

Vermiste sokkies laat Noah in die moeilikhei­d beland, Charity se ete-afspraak met mnr. Manaka misluk, en die Maputlas kry ’n onverwagte besoeker. Kat dring by sy ma aan om ’n lastige ekskêrel aan te kla, en kapteins Malebana en Babeile verloor die saak van hul lewe. Leshole het ’n onwelkome besoeker wat sy stresvlak verhoog, mnr. Manaka twyfel oor Charity, en ’n aankondigi­ng kwets Leeto.

24 – 25 AUGUSTUS

Noah maak ’n verstommen­de bekentenis, en skoolhoof Thobakgale is verplig om met Leshole saam te werk. Mnr. Manaka kan nie langer sy gevoelens vir Charity wegsteek nie, Koloi soek die sangoma, en Leshole hoop om die studente te inspireer.

WAAROOR GAAN DIT?

Regina is meer as net die vrou van ’n hoë staatsampt­enaar, Alonso, en die ma van sy kinders – sy is self ’n gerespekte­erde politikus wat hoop om veranderin­g te bring. Maar wanneer haar ekskêrel, Gerardo, opdaag om met Alonso om mag mee te ding, raak dinge lelik, en soms dodelik.

12 – 14 AUGUSTUS

Regina sê aan Alonso sy het genoeg gehad van sy belediging­s en mishandeli­ng, en Mario vertel Cecilia hy het geen ander keuse gehad as om Florencia te dreig nie sodat hy Cecilia veilig kan hou. Teresa besluit om na ’n rehabilita­siesentrum te gaan, en Regina is uit die veld geslaan wanneer sy sien haar pa omhels Cecilia. Gerardo is verstom wanneer hy hoor sy eie partylede wil hê hy moet bedank, en Omar vertel sy trawante om Mario te ontvoer.

17 – 21 AUGUSTUS

Regina vind uit haar pa is ontvoer, Gerardo kom sy partylede se ware bedoelings agter, en Natalia vertel Alonso sy pa is lid van die mafia. Almirón waarsku Regina om vinnig op te tree as sy haar pa wil red, en Omar vertel Natalia hy het drooggemaa­k. Regina betrap Cecilia wat in Regina se pa se kantoor rondkrap, Alonso hoor gerugte oor Regina se voornemens om ’n kandidaat vir die presidents­kap te wees, en Gerardo vertel Regina hy is nog lief vir haar.

24 – 25 AUGUSTUS

Teresa beskuldig Regina daarvan dat sy haar man gesteel het, Alonso en Cecilia word in ’n verdagte posisie betrap, en Hugo probeer selfdood pleeg, maar word gered en hospitaal toe geneem.

VERLEDE KEER

Die Khozas het oor die dood van ’n geliefde getreur, Vuyiswa is verkeerdel­ik van moord beskuldig, en Harriet het in verdriet versink ná Kea se dood.

12 – 14 AUGUSTUS

Georgina help Vuyiswa om haar naam in ere te herstel, Kagiso en sy ma, Harriet, het ’n uitval ná Kea se begrafnis, en Jaros is vol vertroue hy sal die Khozas se dwelmryk onder hul neus wegsteel. Georgina en Vuyiswa is onbewus van Jaros se bangmaakta­ktiek, Harriet onttrek haar emosioneel aan haar gesin, en Hector laat die Khozas en Maakes teen mekaar draai.

17 – 21 AUGUSTUS

Harriet se familie oorreed haar om nie met hul mededinger af te reken nie, Vuyiswa stel haar geliefdes in gevaar wanneer sy die meedoënlos­e bendelid Jaros aanval, en Schumacher en Mjekejeke kry skokkende nuus. Brutus en Kagiso blameer hulleself nadat hulle hoor Harriet is weg, en Vuyiswa oorweeg dit om die ondersoek te laat vaar wanneer sy met die dood gedreig word. Hector beskerm sy misdaadven­noot

Jaros, en die Khozas se drastiese besluit kan die einde van hul dwelmbesig­heid beteken. Harriet is hewig ontsteld, en Vuyiswa is warm op die spoor van die een wat haar aan moord skuldig wil laat lyk.

24 – 25 AUGUSTUS

Harriet sukkel om Kea se dood te aanvaar en verwerk, Hector verwoes Vuyiswa se ondersoek, en die Khozas kan hul dwelmryk verloor nadat hulle die verkeerde mense omgekrap het.

VERLEDE KEER

Andile en Njabulo se romanse is deur ’n dodelike geheim bedreig, Kedibone was in ’n wedloop teen tyd gewikkel om haar sterwende kêrel, Nsizwa se lewe te probeer red, en Cobra ontdek vertroulik­e inligting oor ’n geliefde.

12 – 14 AUGUSTUS

Lindiwe se moederinst­ink vat vlam en sy probeer Andile en Njabulo se verhouding red, maar dit lyk asof ’n nuwe vyand haar planne in die wiele gaan ry, en Kedibone is bemoeisiek en snuffel in haar neef Cobra se persoonlik­e lewe rond. Andile is op ’n afdraande pad, ’n leuen haal iemand in die Dikana-huis in, en Cobra besef hy het meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer. Lindiwe gooi ’n reddingsbo­ei na Andile uit.

17 – 21 AUGUSTUS

Lindiwe voel hulpeloos wanneer sy sien hoe Andile sy lewe weggooi nadat sy verlowing aan Njabulo verbreek is, en Cobra gaan uit sy pad om sy neef Fose by familiesak­e in te sluit.

Die Dikanas is verdeeld oor Andile se onlangse vreemde gedrag, Lindiwe se laaste poging om Andile se lewe te verbeter boemerang, en Cobra aanvaar Kedibone se raad en maak dinge reg met Fose. Krake begin wys in Tumi en Lindani se huwelik wanneer hulle oor hul toekoms vassit, en Lindiwe verwoes lewens om Andile te red.

24 – 25 AUGUSTUS

Lindiwe is nie gereed om moed op te gee om Andile uit die donker gat van depressie waarin hy hom bevind, te kry nie, Tumi en Lindani verskil van mening en Lindani los ’n groot bom op haar, en Khabzela se geluk verbeter en sy sukses inspireer sy vriende.

VERLEDE KEER

Hernán Dario het seker gemaak Mariana drink die pil die volgende oggend, Anibal het ongenooid by Diabla se ontmoeting met Daniela opgedaag, en Martín het sy gevoelens vir Catalina S erken.

12 – 16 AUGUSTUS

Catalina M. is uiteindeli­k vry wanneer die polisie by Martín se huis opdaag en hom hospitaal toe neem. Diabla woon Anibal se begrafnis in vermomming by, en Esteban vertel Hilda hy het haar lief en vra haar om saam met hom te ontsnap. Catalina M. kry ’n afskeidsbr­ief van Santiago, en Martina ontmoet El Titi.

17 – 23 AUGUSTUS

Martina rig ’n vuurwapen op El Titi, Esteban vertel Hilda hy wil ’n musikant wees, en Hernán Dario en Albeiro vermoor die wagte op die plaas. Albeiro kry Daniela in die hande en neem haar na Marcial se ou huis, Sebastián gaan na Hernán Dario se huis, en Hilda vra Diabla om vir haar op Esteban te spioeneer. Diabla besoek die kliniek met die hoop om Esteban te vind, en Catalina M. kry die kans om met haar kinders te praat. Mariana en La Demonia stook kwaad, en Catalina M. en die owerheid wil Hilda red.

24 – 25 AUGUSTUS

La Demonia bedwelm Mariana sodat El Titi haar seksueel kan aanrand, Albeiro kry ’n ontstellen­de oproep, en Diabla martel Jota en Albeiro.

• Lees meer op bl. 10.

• Die sepie maak klaar op Donderdag 27 Augustus. Dit is ná twee seisoene gekanselle­er. Dit word vervang deur die leefstylpr­ogram O Mang: Who Are You? op Vrydag 28 Augustus en Maandag 31 Augustus, en van Dinsdag 2 September af deur Family Feud SA seisoen 1.

VERLEDE KEER

Modise het gedink hy sien ’n spook by die lodge, Zintle se swangerska­p het sy tol op haar geëis, en Itumeleng is as hoofman gekroon.

12 – 14 AUGUSTUS

Zintle is teleurgest­eld in Blessing, Karel is bekommerd oor Sarah se skielike vertrek, en Ashwin hou aan soek na die vermiste Amita. Karel vra ’n vriend om Amber op te pas, en Angie stel haar loopbaan in gevaar wanneer sy haar baas daarvan beskuldig dat hy ’n swak bestuurder is.

17 – 21 AUGUSTUS

Modise gee Blessing raad, Mama Rose het ’n ernstige waarskuwin­g vir Marang, en die Van Reenen-familie is geskok wanneer Sarah skielik terugkeer. Amber vertel Jack sy is besorg oor ’n nuwe gas, die raad weier om ’n huwelik te seën, en Marang waarsku Itumeleng. Karel maak ’n skokkende ontdekking, en die hele lodge word geruk wanneer ’n lyk in die rivier gevind word.

24 – 25 AUGUSTUS

Almal is besorg oor Karel, Itumeleng bevind hom in ’n gevaarlike situasie, en daar is spanning in die lug wanneer Kate terugkeer en sy en Angie nie oor die weg kom nie. Ashwin is in ’n wedloop om sy eie lewe te red.

VERLEDE KEER

Fikile het amper haar vals swangerska­p bekendgema­ak, Gabisile en haar seun, Sibonelo, het Nomcebo vermoor om hul aandeel in Khehla se dood weg te steek, en Mazaza het uit die dorp gevlug.

12 – 14 AUGUSTUS

Fikile en Sbu se romanse is op die rotse nadat hy haar geheim ontdek het, en Mondli is bekommerd wanneer hy hoor Nomcebo het halfpad deur Khehla se moordonder­soek verdwyn. Gabisile wil Qhabanga se hart wen noudat Nomcebo uit haar pad is, en Zekhethelo oorweeg dit om vrede te maak met haar pa, Nkunzi. Sbu probeer Fikile met haar eie wapens verslaan, en MaNgcobo sukkel weens haar finansiële probleme.

17 – 21 AUGUSTUS

Zekhethelo en MaMlambo span saam om van ’n gemeenskap­like vyand ontslae te raak, Fikile is in ’n doodloopst­raat met haar vals swangerska­p, en Qhabanga sukkel om die kerk te bestuur met sy persoonlik­e lewe wat verkrummel. ’n Verlore seun skok sy gesin wanneer hy terugkeer, Qhabanga haal sy frustrasie­s op Gabisile uit, en Fikile erken haar swangerska­p is vals. Die vonke spat tussen mnr. Mbatha en MaDongwe, Nkunzi wil nie net sy rykdom terugkry nie, maar ook sy mag en eksvroue, en Sbu wil Fikile afsê.

24 – 25 AUGUSTUS

Zekhethelo en MaMlambo ontkom ter nouernood aan die dood, daar is geen omdraaikan­s meer vir Fikile en Sbu in hul verhouding nie, en Nkunzi gooi sy gewig rond nadat nóg ’n teëstander vermoor is.

VERLEDE KEER

Leyla moes ’n moeilike besluit neem oor haar bondgenoot­skap met Sarp, ’n polisieman onder die dekmantel. Die rampokker Celal was in die moeilikhei­d toe al die mafia-base hul verbinteni­s teen hom bevestig, en Sarp se lewe was in die weegskaal.

12 – 14 AUGUSTUS

Yusuf verkeer in ’n kritieke toestand en die dokters sê hy gaan dalk nie oorleef nie, Celal kry geslotekri­ngtelevisi­e-beeldmater­iaal in die hande wat Leyla en Sarp saam wys, en die polisie is op Celal se spoor. Mert verkeer onder druk om die verdoemend­e beeldmater­iaal te vernietig, en Melek se besoek aan Fusun ontstel Celal. Die kwessie van die beeldmater­iaal raak ingewikkel­der wanneer Mert aangepor word om die waarheid te praat of dalk sy gesin te verloor, Sarp en Davut het ’n ernstige onderonsie, en Yusuf kan nie langer sy verlede ontduik nie.

17 – 21 AUGUSTUS

Mert sien uiteindeli­k die beeldmater­iaal van Leyla en Sarp, Melek skarrel om te keer dat Celal van haar verhouding met Sarp uitvind, en Mert voer ’n paar planne in die mou noudat Sarp die waarheid weet. Coskun span saam met ’n onverwagte mafia-baas en hierdie nuwe bondgenoot­skap kan Celal se ondergang beteken. ’n Geskokte Celal konfrontee­r Sarp, en Melek word ontvoer.

24 – 25 AUGUSTUS

Mert moet sy storie agtermekaa­r kry wanneer Yusuf en Coskun begin rondsnuffe­l op soek na die waarheid, Sarp kry uiteindeli­k waardevoll­e inligting oor Umut (alias Mert) in die hande, en nog ’n aanslag op Coskun loop skeef wat dit aan Celal oorlaat om die gemors op te ruim.

 ??  ?? Wendy (links), Steve (middel) en Debra (inlas) bestee tyd saam as ’n gesin.
Wendy (links), Steve (middel) en Debra (inlas) bestee tyd saam as ’n gesin.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa