TV Plus (Afrikaans)

Met ’n Huppel In Die Stap

Seisoen 8 kykNET (*144) 17:30 Leefstyl

-

Daar is min dinge wat die akteur

Lieb Bester soveel genot in die lewe gee soos inspireren­de stories. Lieb, ’n veldaanbie­der vir die reeks Met ’n Huppel In Die Stap (2016-nou), wat kyk hoe die lewe ná 50 nuwe betekenis kry, vertel hy kry weekliks met ouer mense te doen wat ’n nuwe lewe geskep het ná hul halfeeu-verjaardag. “Daar is ooms en tannies wat al diep in hul jare is wat nuwe stokperdji­es, soos astrologie of meteorolog­ie, aangepak het. Sulke stories is vir my ’n riem onder die hart en mense moet daarvan hoor.”

Die 71-jarige Lieb wil hê kykers moet weet as jy ouer as 50 is, is jy nie oor die muur nie. Hy vertel die reeks het hom geleer om elke nuwe dag te waardeer. “Gister is verby, daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. ’n Nuwe dag bring nuwe geleenthed­e wat jy ten volle moet benut.”

Tydens die grendeltyd moes die span mooi dink oor die opname van episodes. “Ons het die voorgeskre­we regulasies nagekom. As ek ’n onderhoud moes voer, was ons ’n klein span van vier, en het ek ’n afstand van 2 m tussen my en die gaste gehandhaaf. Die kamerawerk laat dit lyk of ons naby mekaar sit, maar dit is glad nie die geval nie.”

Lieb is bekend vir sy rol as prof. Retief in die sepie Villa Rosa (2004-2016). “Jy sal verbaas wees hoeveel mense my nog herken as prof. Retief.” Wanneer hy nie voor die kameras is nie, maak Lieb musiek. Hy is koning as dit by die trekklavie­r kom en het al vier CD’s uitgereik: Ou Kraalliedj­ie (2008), Met ’n Lieb In Jou Hart (2009), Tranquilla (2011) en Skoffel Tot Dagbreek Toe (2018).

 ??  ?? Lieb Bester leer baie in sy goue jare.
Lieb Bester leer baie in sy goue jare.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa