TV Plus (Afrikaans)

Touched By An Angel

Seisoen 2 Weekdae SABC2 (*192) 14:00 Drama

-

’n Eteriese aura omring die aktrise wyle Della Reese in Touched By An Angel (1994-2003). In die reeks speel sy Tess, ’n toesighoue­r oor engele wat na die aarde gestuur word om mense te help wat die godsdiensp­ad byster geraak het. Della, wat op 86 jaar op 19 November 2017 oorlede is, was ’n toegewyde Christen. Maar sy was reeds voor die reeks al dekades lank ’n superster.

Della het as 6-jarige in ’n kerkkoor 1 begin sing en op gospelmusi­ek verlief geraak. Sy is as 13-jarige genooi om saam met die gewilde gospelsang­eres Mahalia Jackson en haar groep (bekend vir die 1947-gospellied Move On Up A Little Higher) te toer. Della het later haar eie gospelgroe­p, die Meditation Singers (1958-lied Amen!) gestig.

2 Sy het nie met gospelmusi­ek genoeg geld vir kollege verdien nie, dus het sy ekstra werk gedoen, soos vragmotorb­estuurder, hyseropera­teur en tandheelku­nde-ontvangsda­me om vir haar klasse te betaal.

Haar eerste TV-ervaring was haar 3 eie kletsreeks, Della (1969-1970). Sy het gasrolle in verskeie TV-reekse gehad, soos die regsdrama Petrocelli (1974-1976) as Angela Damon (1975), en The A-Team (19831987) as BA Baracus (Mr T) se ma, Mrs Baracus, in 1985. Della het die temalied, Walk With 4 You, vir Touched By An Angel geskryf en gesing. Sy het altesaam 18 ateljee-albums uitgereik.

Della was ’n geordende predikant 5 en het haar medester Roma Downey (die engel Monica) se huwelik met Mark Burnett in 2007 bevestig.

 ??  ?? Della Reese (voor) en haar medester en goeie vriendin Roma Downey.
Della Reese (voor) en haar medester en goeie vriendin Roma Downey.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa