TV Plus (Afrikaans)

Tanto Amor

Seisoen 1 e.tv (*194) 08:30 Telenovell­e

-

Dit was vir Rossana Nájera Flores ’n uitdaging om die stiervegte­r Oriana

(La Brava) Roldán in die Mexikaanse telenovell­e Tanto Amor (2015) te speel. “Ek is dol oor toneelspel en weet my karakter is ’n stiervegte­r in ’n kammawêrel­d en ons maak nie enige diere seer nie, maar in die regte wêreld bloei my hart vir bulle. Dit was lekker om in Oriana se gedagtewêr­eld te klim, maar die gedagte aan die doodmaak van bulle was maar altyd in my agterkop,” sê sy.

Die 40-jarige aktrise het gegradu1 eer aan Mexiko se Centro de Formacion Actoral-kollege, wat bestuur word deur TV Azteca, Mexiko se naasgroots­te massamedia-maatskappy.

Sy is ’n uitgesprok­e aktivis vir 2 diereregte en het onlangs ’n ambassadeu­r vir vrouegeson­dheid geword nadat sy onthul het sy het drie miskrame in haar lewe gehad.

“Ek wou altyd graag ’n ma wees, maar medies gesproke dink ek nie dit gaan gebeur nie. Maar ek kan vroue help wat daarmee sukkel,” sê Rosanna.

Haar kêrel op die skerm, Antonio 3 García, word deur haar regte ekskêrel Jorge Luis Vázquez gespeel. “Ons is albei beroepsmen­se en kon verby ons verlede saam kyk. Dit was soos om gemaklike ou pantoffels aan te trek wat agterna weggegooi kan word.” Rossana is twee maande lank deur 4 regte stiervegte­rs opgelei. “Hulle het ’n gevoel van bravade om hulle, selfs in die manier waarop hulle loop en praat, dus het ek saam met hulle gewoon om dit reg te kry,” sê sy.

 ??  ?? Rossana Nájera verkies rokke bo haar karakter, La Brava, se stiervegte­r-uitrusting­s.
Rossana Nájera verkies rokke bo haar karakter, La Brava, se stiervegte­r-uitrusting­s.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa