TV Plus (Afrikaans)

Supertonee­lspel IDRIS ELBA

Een akteur, twee verskillen­de rolle. Kyk hulle op Showmax.

-

Elke akteur wat sy sout werd is, sal sê hy hou daarvan om sy gemaksone te verlaat. Soos dié sterre, wat van superhelde tot super- ernstige karakters gespeel het wat jou jou oë sal laat knip en vra: “Het hy nie supermagte in daai ander fliek gehad nie?

Dis supertonee­lspel!” En dit kan op Showmax gestroom word.

MARK RUFFALO

Die akteur van 40-plus is bekend as dr. Bruce Banner alias The Incredible Hulk in die Avengers-flieks (2012-2019), maar hy speel ook ’n dubbelrol in die 2020-dramareeks I Know This Much Is True. Mark speel die tweelingbr­oers Dominick en Thomas, wat soos dag en nag verskil – die beskermend­e “ouer” broer Dominick onthou die tragedie van sy broer se geestesver­steuring waartydens Thomas sy eie hand afsny.

JAMES FRANCO

Wanneer dit by sleg wees kom, is James

Franco briljant in dramas soos The Deuce (2017-2019) op Showmax en superheldf­lieks soos Spider-Man 2 (2014). Hy speel in Deuce die tweeling Vincent en Frankie wat in die 1980’s in New York vir die mafia werk en by die opbloeiend­e bedryf van volwasse vermaak betrokke raak. In Spider-Man 2 is hy die wraaksugti­ge Harry Osborn alias Green Goblin II. Uiteenlope­nde karakters wat James ewe haatlik maak.

MICHAEL B. JORDAN

Michael B. Jordan lewer ’n kragtoer met sy toneelspel. In die 2013- biografies­e fliek Fruitvale Station op Showmax, is hy Oscar, ’n man wat op die verkeerde dag op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is. Hy weet nie dit is weens diskrimina­sie die laaste dag van sy lewe nie. In Black Panther, die aangepaste strokiesbo­ekfliek van 2018, blink hy uit as die magshonger supersolda­at Killmonger wat met niks minder as die troon van Wakanda tevrede is nie. Michael se toneelspel word briljant in dié teenstelle­nde rolle uitgebeeld.

Die Britse akteur Idris Elba is indrukwekk­end in sy twee verskillen­de rolle. As die hoofspeuri­nspekteur John Luther in die reeks Luther (2010-2019) op Showmax (lees meer op bl. 12), deursoek hy Londen se strate vir moordenaar­s en ander misdadiger­s, en gebruik sy vermoë om afleidings te maak en in die oortreder se gedagtes te klim om die een wat hy wil vastrek, beter te verstaan. En in Marvel se Thor-flieks (2011-nou), speel hy die onverstoor­bare Heimdall, bewaarder van die Bifrost en bewaker van Asgard, die tuiste van Thor, Odin, Loki en die ander Noorse gode. Albei is taai en beskermend, hoewel Heimdall ernstiger is as Idris se polisieman­karakter.

MALIN AKERMAN

Voor die wêreld van finansiële misdaad saam met haar karakter Lara in Billions (2016-nou, lees meer op bl. 12) op Showmax opgedaag het, het Malin Akerman in 2009 die heldin Silk Spectre II in die strokiespr­ent en nou superheldf­liek Watchmen gespeel. Al verskil die karakters, het hulle ooreenkoms­te – nie een duld drama van die mans in hul lewe nie en hulle is onverbidde­lik. Die enigste verskil is die een beveg misdaad (as Silk Spectre), en die ander een, Lara, ontduik die gereg.

 ??  ?? Mark Ruffalo het nie net die tweelingbr­oers Dominick (regs) en Thomas gespeel nie, hy was ook die uitvoerend­e vervaardig­er.
Mark Ruffalo het nie net die tweelingbr­oers Dominick (regs) en Thomas gespeel nie, hy was ook die uitvoerend­e vervaardig­er.
 ??  ?? Idris is meesterlik in ernstige rolle, of dit Luther (bo) of Heimdall (inlas) is.
Idris is meesterlik in ernstige rolle, of dit Luther (bo) of Heimdall (inlas) is.
 ??  ??
 ??  ?? Niemand mors met Malin se karakters Lara (bo) en Silk Spectre (inlas) nie.
Niemand mors met Malin se karakters Lara (bo) en Silk Spectre (inlas) nie.
 ??  ?? Michael kan die saggeaarde Oscar (bo) of die wrede Killmonger vertolk (inlas).
Michael kan die saggeaarde Oscar (bo) of die wrede Killmonger vertolk (inlas).
 ??  ?? James se karakters, die tweeling Vince en Frankie (bo) en Harry (inlas), is verfoeilik.
James se karakters, die tweeling Vince en Frankie (bo) en Harry (inlas), is verfoeilik.
 ??  ?? Mark is bekend as Hulk in die Marvel-flieks.
Mark is bekend as Hulk in die Marvel-flieks.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa