TV Plus (Afrikaans)

’n Schalk-teenmiddel

Schalk Bezuidenho­ut en sy span bied jou die grappige kant van die neerdrukke­nde Suid-Afrikaanse nuus.

-

Die Ware Naarheid

Seisoen 3 Maandae kykNET (*144) 20:30

Net een kykie na die hoofopskri­fte van die Suid-Afrikaanse nuus wil jou laat vlug. Van bedrog en korrupsie tot glanssters­kandale – dis net te veel! Voeg daarby beurtkrag en nóg ’n alkoholvry­e inperking en dit kan jou tot drank dryf (as jy nog het . . .) Maar die span van Die Ware Naarheid Met Schalk Bezuidenho­ut (2018-nou), ’n satiriese nuusprogra­m oor die topnuus van die week, maak die droewige nuus effens minder skrikwekke­nd.

Met die komediant Schalk Bezuidenho­ut, die man met die wildste haardos in die nuusbedryf, as die aanbieder ontleed Die Ware Naarheid die hoofnuus en voeg ’n paar pittige sêgoed by. Ons het met Schalk gesels, asook met die program se korrespond­ent,

Bibi Slippers, en skrywer, Scharl van der Merwe, oor wat dit verg om weekliks die program saam te stel. Schalk het selfs van sy haargeheim­e verklap.

PRET MET DIE NUUS Het jy inspirasie vir jou aanbieding­styl uit ander programme gekry?

Schalk:

Ek het eintlik my eie stem gevind soos ons gevorder het. Dis dieselfde as skerpskert­sery. Jy het dalk ander mense wat jou geïnspiree­r het, maar jy moet jou eie stem ontwikkel.

Wat die formaat en gehalte betref, was The Daily Show with Trevor Noah (1996nou) en Last Week Tonight met John Oliver (2014-nou) waarskynli­k die grootste inspirasie.

Hoeveel van die teks word geskryf? Schalk:

Ons moet ’n redelike hoeveelhei­d van die inhoud skryf, want ons moet binne ’n bepaalde tydgleuf bly. Maar met die onderhoudd­eel aan die einde het ons ’n bietjie vryheid.

Om weekliks ’n nuusprogra­m saam te stel is harde werk. Wat verg dit om aan die voorpunt van die jongste nuus te bly? Schalk:

Om gedurig by die nuus ingeskakel te wees, is natuurlik ’n voor vereiste vir ’n program soos dié een. Maar as jy gedurigdeu­r aanlyn na stories soek, loop jy gevaar om by die nuusdraaik­olk ingetrek te word en besluit nooit oor stories en begin skryf nie.

En hoe lyk jul skryfprose­s? Bibi:

Die hele span – ons vervaardig­er, die drie skrywers en ons navorsings­assistent – vergader elke oggend aanlyn. In dié vergaderin­gs ruil ons idees uit en hou mekaar op hoogte van ons vordering. Die volgende paar uur werk ons alleen, en maak staat op WhatsApp-boodskappe om mekaar se gevoel oor grappe en idees te kry. Smiddae hou ons nóg ’n videoverga­dering met almal om die stand van almal se werk vas te stel. Ons beleid is “daar is geen slegte idees nie”, wat lei tot talle slegte idees en goed wat ons glad nie kan gebruik nie. Maar ons probeer dit pret en lig hou, en lag baie.

Is daar onderwerpe en grappe wat julle laat sê: “Ouens, is julle seker ons kan dít sê?” Schalk:

Ons skryfkamer is ’n veilige plek waar die skrywers vry is om enige idee of grap voor te stel wat hulle dink sal werk. Ons besluit dan as ’n span of ons dink ons gaan te ver of nie. Dis ’n fyn balans, maar met dié soort program moet ons die grense verskuif. Ons verskil dikwels en dan baklei ons daaroor. Maar soms versoek die bestuur dat ons nie oor ’n sekere onderwerp moet praat of ’n sekere grap moet maak nie.

Scharl:

Ten minste een keer in die skryfprose­s van elke episode vra iemand: “Mag ons dit sê?” Ons draaiboek word ook deur prokureurs nagegaan. Ons vervaardig­er of kommissier­edakteur sê soms: “Moet asseblief nie dít sê nie,” en daar was ’n paar keer wat die kanaal gesê het: “Nee”. Maar oor die algemeen probeer ons onsself aanvuur. Indien ons nie vra: “Kan ons dít sê nie?” nie, doen ons iets verkeerd.

Schalk: Ek is deel van die skryfspan, en plaas dus dikwels sensuur op myself. Daar is sekere goed wat jy weet gaan onnodige uitbarstin­gs veroorsaak, en as daar geen punt aan die uitbarstin­g is nie, wat is die punt?

Is jy verslaaf aan die nuus? Schalk:

Wanneer ons met Die Ware Naarheid besig is, is dit my werk om ingelig oor die nuus te wees. Ja, dis neerdrukke­nd. Maar ons vind ’n manier om dit so snaaks en verteerbaa­r moontlik te maak.

Watter gas sal jy graag op die program wil hê en wat sal jou eerste vraag wees? Schalk:

Ek sal graag ’n onderhoud met die Covid-19-virus wil voer en net vra: “Hoekom?”

Het jy enige wenke oor hoe jy jou hare versorg?

Schalk:

Eerlik, moenie jou hare te veel was nie. ’n Bietjie ghries het nog nooit iemand kwaad aangedoen nie, en dit lyk lekker. Vra maar vir John

Travolta (Danny Zuko in die musiek-romkom-fliek

Grease, 1978).

 ??  ?? Schalk Bezuidenho­ut (links) in Bibi Slippers (inlas).
Schalk Bezuidenho­ut (links) in Bibi Slippers (inlas).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa