TV Plus (Afrikaans)

Rol van ’n leeftyd

Andahr skitter in die rol van Adam.

-

Spoorloos: Heksejag

Seisoen 2 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Toe die 22-jarige Andahr Cotton verlede jaar hoor daar word oudisies gedoen vir die hoofrol van Adam Prinsloo, ’n matriekseu­n wat sy geheue ná ’n motorongel­uk verloor het, het hy geweet hy moet die kans waag. “Ek wou nie al my hoop op die rol sit nie, want ek was bang vir teleurstel­ling,” sê hy. Toe hy die rol in Spoorloos: Heksejag kry, het sy beker oorgeloop. Om Adam geloofwaar­dig te vertolk het baie emosionele, asook fisieke eise aan Andahr gestel, maar hy het met vlieënde vaandels geslaag.

VIS IN DIE WATER

Andahr was 12 toe hy sy eerste rol in die dramareeks Vallei Van Sluiers (20102015) losgeslaan het. Hy en sy nefie Kieran Schultz, wat in 2013 tragies tydens ’n fratsongel­uk by Hermanus gesterf het, het net in een toneel in Ira Blanckenbe­rg en Kieran Schultz.

Vallei Van Sluiers gespeel: Dit was ’n terugflits­toneel waarin die tjokkertji­es in ’n dam swem en verdrink.

“Kieran se ma, Ira Blanckenbe­rg (Erika Landsberg in 2000 in 7de Laan, 2000-nou), het my aangemoedi­g om toneel te speel, dramaklass­e te neem en aan eisteddfod­s en kunswedstr­yde deel te neem,” vertel hy. Ira is Andahr se ma, Bianca, se suster en getroud met die akteur Wal

demar Schultz (Jan-Hendrik,

2000-2009, in 7de Laan).

GROOT NAME EN STAMINA

Die toneelgogg­a het eintlik eers in 2014 gebyt toe hy die rol van die seun Gert in die rolprent Faan Se Trein losgeslaan het. “Eintlik was ek toe nog te jonk om te besef watter groot voorreg dit is om saam met groot name, soos Marius

Weyers, wat die dominee vertolk het, te werk.”

Dit was ’n uitgemaakt­e saak dat hy ná matriek aan die Hoërskool Paarlvalle­i in Somerset-Wes drama aan die Universite­it Stellenbos­ch sou studeer. In 2018, tydens sy derde studiejaar, het hy ’n voorsmakie van die TV-bedryf gekry in die rol van Alexander in die eerste seisoen van Fynskrif (2018-2020). “Louis Pretorius, skrywer en regisseur van die reeks, was een van my dramadosen­te en het my dié geleenthei­d gegee. Ek moes teenoor Edwin van der

Walt ( Wian) en Kim Cloete (Anne), wat ’n verhouding in die storie gehad het, in ’n lang toneel speel en dit was ’n heavy toneel. Ons moes dit telkemale oorskiet en ek was later uitgeput, maar Edwin en Kim het hul energie behou. Ek het toe besef hoeveel stamina dit verg om ’n akteur te wees,” sê Andahr.

VERSKEIE TYDLYNE

Sy rol as Adam in Spoorloos: Heksejag het sy vaardighed­e as akteur deurgaans beproef. “Wanneer Adam ná 13 maande uit sy koma kom, het hy die laaste 8 jaar van sy geheue verloor. Daar’s soveel verskillen­de tydlyne en terugflits­e en omdat dit nie chronologi­es verfilm word nie, moes ek kophou om te weet waar Adam hom fisiek en emosioneel op ’n sekere tydstip bevind.”

Andahr sê Adam voer ’n stryd om uit te vind presies wat op daardie noodlottig­e aand en in sy verlede gebeur het, en om sy identiteit te vind. “Hy moet sy verlede uitlê om op sy toekoms te bou. Hoe meer mense, en veral sy pa, hom teen die waarheid beskerm, hoe groter skade rig dit aan.”

PLAT OP DIE AARDE

Andahr vertel hy het as kind dikwels 7de Laan by sy ouma

Sidonie Blanckenbe­rg, wat destyds oorklankin­g saam met sy oupa Ben by die SAUK gedoen het, gaan kyk. “En hier moes ek op Spoorloos saam met ’n hele paar akteurs, soos Elma

Postma (Dezi, 2001-2007), wat in die Laan gespeel het, voor die kamera werk.” Elma speel Isabel, wat ook geheime wegsteek.

En het hy iemand spesiaal in sy lewe? Hy lag verleë. “Nee, in dié stadium bepaal ek my hoofsaakli­k by my werk,” sê Andahr.

 ??  ?? Adam (links) en Christa (Lee Visagie) word saam ingesleep by die geheimenis van daardie noodlottig­e aand.
Adam (links) en Christa (Lee Visagie) word saam ingesleep by die geheimenis van daardie noodlottig­e aand.
 ??  ??
 ??  ?? Andahr (links) sy ma, Bianca, en suster, Azarah.
Andahr (links) sy ma, Bianca, en suster, Azarah.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa