TV Plus (Afrikaans)

’n Kitsgesin

Steve en Elana word die pleegouers vir Elana se oorlede suster se twee kinders.

-

Elana (Ilne Nienaber) en Steve (Clint Brink) neem ’n groot tree in hul verhouding deur hul huis en hart oop te maak vir Elana se susterskin­ders,

Ruan en Vicky de Beer (die nuwelinge Caiden Bouwer en Roxanne Bornmann). Die broer en suster se ouers is onlangs dood en hulle het tot dusver by hul ouma (nie op die skerm nie) in Kaapstad gewoon. “Elana het die afgelope ruk heen en weer gevlieg om haar ma met die kinders te help, maar dinge kon nie so aangaan nie,” sê Ilne. Toe Steve dus vroeg in Augustus voorstel Elana bring die kinders na Pretoria om by hulle te bly, het sy dadelik ingestem. Maar die dokters gaan albei gou uitvind dis nie so maklik om huis-huis te speel nie.

KAMERDRAMA

“Ruan is 12 jaar oud, goed gemanierd en pligsgetro­u, terwyl die 8-jarige Vicky die dramakonin­gin is, vol energie en vreugde,” vertel Ilne oor die kinders.

Hul eerste dag in Pretoria veroorsaak ’n bietjie krapperigh­eid, veral by Steve se volwasse enkellopen­de dogter, Lexi (Kisha Skeï). Lexi besef haar kamer in haar pa se huis is sonder haar medewete aan die kinders gegee – en sy is allesbehal­we gelukkig daaroor. “Steve probeer Lexi gerusstel en nadat hy haar mooi laat verstaan sy word nie weggestoot nie, verander haar houding vinnig,” sê Ilne. Maar dit beteken nie als gaan nou maanskyn en rose wees nie.

SKOOLPROBL­EME

Ruan en Vicky ondergaan albei ’n keuringspr­oses by die skool in Pretoria wat hulle gaan bywoon, maar net Vicky word aanvaar. “Dit veroorsaak angs by Ruan en hy begin wonder of hy ooit gaan aanpas, wat Elana ontstel. Sy wil net die beste vir die kinders hê,” sê Ilne.

Elana vra Steve om Ruan moed in te praat asook die skool voor stok te kry oor Ruan se keuring. “Omdat Steve self ’n pa is, het hy ervaring oor hoe om dié dinge te hanteer, en voor Elana haar oë kan uitvee, het Steve vinnig alles met die skool uitgesorte­er en Ruan is aanvaar.”

TYDSBESTUU­R BENODIG

Maar als verloop steeds nie glad nie. Elana sukkel om ’n gebalansee­rde ma te wees en Lexi let dit op. “Lexi dink Elana se perfeksion­isme en streng reëls is oorbodig. Sy moet saam met die kinders ontspan, wat sy nie nou doen nie,” sê Ilne. Boonop haal Elana se gesukkel met tydbestuur haar in by die werk en sy loop van haar afsprake mis. “Sy is oorweldig, maar Steve is daar om haar te ondersteun en stel voor hulle kry

’n au pair.” Lexi dink sy is die perfekte kandidaat, maar Elana is nie oortuig nie. “Elana meen Lexi is nog te jonk,” sê Ilne. Maar hulp het hulle dringend nodig . . .

VERLEDE KEER

Delia het in Pretoria opgedaag en Conrad oor sy aandele in Southern Hope-hospitaal genader. Die openingsaa­nd van die nuwe kuierplek, Doepa, was ’n groot sukses en Okkie het ’n operasie ondergaan.

12 – 14 AUGUSTUS

Tertius vind meer uit oor Sergio, Tracy is opgewonde oor drankies saam met iemand spesiaal, en Elana probeer duidelikhe­id by Steve kry. Annelize belowe om haar gedrag aan te pas, Tertius speel nie oop kaarte met Tracy nie, en die eerste fiksheidsk­las is ’n uitdaging vir Maya. Lexi is nie beïndruk met ’n besluit nie, Annelize besef At en Ingrid praat nie met mekaar nie, en Conrad moet begin werk aan Elana se onthaal.

17 – 21 AUGUSTUS

Ilse reik uit na Okkie oor sy vreemde gedrag, Tertius en Sergio moet aandag gee aan ’n situasie in ongevalle, en Hugo is onseker oor hoe hy ’n emosionele Tracy moet hanteer. Elana is bekommerd oor Ruan, Hugo stel voor Conrad gebruik Tracy om hom te help met die partytjie, en Tertius en Sergio sit nie langs dieselfde vuur nie. Hugo gee vir Tracy raad oor wat haar te doen staan, Sergio se verdwyning het almal aan die wonder en Conrad gee vir Ruan raad. Delia is nie beïndruk met Tracy nie.

24 – 25 AUGUSTUS

Sergio het ’n nuwe taak op hande, Conrad moet tussenbeid­e tree wanneer Delia en Tracy vir mekaar naels wys, en Steve wil hê almal moet openlik oor hul gevoelens wees. Okkie is glad nie ingenome met Ilse se idee nie, en Rian betwyfel Delia se invloed op Conrad.

SPELERS: Annelize Roux Cindy Swanepoel • Annetjie Lorraine Burger • At Koster Hans Strydom • Chanel Samuels Lindsey Abrahams • Conrad Bester Hykie Berg • Danny Jantjies Bradley Olivier • Delia Richter Odelle de Wet • Elana Bester Ilne Nienaber • Ethan Jordaan Jaco-Neil Verwey • Hugo Vos Cobus Rossouw jr. • Ilse Ferreira Hannelie Warren • Ingrid Jordaan Michelle Botes • Lexi Abrahams Kisha Skeï •Louis Koster Germandt Geldenhuys • Maya Gosslin Kara du Toit • Naomi Ferreira Je-ani Swiegelaar • Okkie Ferreira Ben Kruger • Oom Wimpie du Toit Paul Lückhoff • Rian Malherbe Erik Holm • Ruan de Klerk Caiden Bouwer • Sasha Kruipers Chantal Stanfield • Sergio de Freitas Emmanuel Castis • Steve Abrahams Clint Brink • Tertius Jonker Reynardt Hugo • Tracy Smit Melinda Brink • Vicky de Klerk Roxanne

Bornman

 ??  ?? Elana (regs) kry ’n belangrike oproep wat haar kitsgesin (van links) Steve, Vicky en Ruan, beïnvloed.
Elana (regs) kry ’n belangrike oproep wat haar kitsgesin (van links) Steve, Vicky en Ruan, beïnvloed.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa