TV Plus (Afrikaans)

Boheemse ouers

Simon en Yvonne ontmoet Lulu se eksentriek­e ouers.

-

Simon (David Louw) en Lulu (Ansu Visser) se verhouding raak al hoe ernstiger en hulle meen dis tyd vir Simon en sy ma, Yvonne (Karin Retief), om Lulu se ouers, Charlie (Jürgen Hellberg, Kitte Muller, 20052008, in Binnelande­rs, 2005-nou) en Maggie (Gretha Brazelle, Ingrid Viljoen in die fliek Vrou Soek Boer, 2014), te ontmoet. Maar, o wee, die neusoptrek­kerige Yvonne se wenkbroue lig behoorlik wanneer Lulu se hippie-ouers opdaag!

HARTSMENSE

Ansu sê Lulu was ’n bietjie gestres oor die ontmoeting omdat sy gehoor het Yvonne is so snobisties en inmengerig. “Lulu dink egter nie haar ouers is so

weird nie. Hulle is goedhartig en sy het ’n goeie verhouding met hulle,” sê Ansu. “Maar Simon en sy ma se goedkeurin­g is wel belangrik vir haar omdat sy so lief is vir Simon en omdat sy weet sy ma speel ’n groot rol in sy lewe.”

David sê Lulu se ouers het Simon dadelik tuis en welkom laat voel. “Hulle is hartsmense, sonder enige prentensie. Simon kliek dadelik met Lulu se pa.”

Maar die hoogmoedig­e Yvonne skuif ongemaklik rond en voel uit haar plek.

NIE ONS KERK SE MENSE NIE

Yvonne vind Lulu se ouers vreemd en buite haar verwysings­raamwerk. “O, hulle is beslis nie haar tipe nie, en sy dink Lulu se pa, Charlie, is net té vriendelik. En dan het dié mense boonop eienaardig­e gewoontes: Hulle eet by voorbeeld nie vleis nie. Daar’s vir Yvonne niks lekkerder as gebraaide skaapboud en aartappels nie,” sê Karin.

Maar Yvonne hou wel dadelik van Lulu, voeg sy by. “Sy dink Lulu is ’n liewe kind. As weduwee en enkelma is sy baie besitlik oor haar seun, wat ’n aangenome kind is. Simon se eksvrou, Renate (Christel van den Berg), het egter die pad oopgekerf vir Lulu,want sy het mettertyd besef sy kan nie altyd so besitlik wees nie,” sê Karin.” Yvonne se grootste probleem is sy gee moeilik om, en wanneer sy wel skiet gee, doen sy dit nie sonder kritiek nie.”

Hoewel Lulu dadelik Yvonne se goedkeurin­g kry, waarsku Yvonne haar lieflingse­un tog mooi: Onthou as jy met Lulu gaan trou, sit jy ook met die ouers. Simon steur hom nie aan Yvonne se waarskuwin­g nie, want hy het tydens sy huwelik geleer om sy man teen sy baasspeler­ige ma te staan. “Sy ma is sy klankbord, maar hy is darem oud genoeg om sy eie kop te volg,” sê David.

En dit lyk of Simon nou ook deur vuur sal loop vir sy liewe Lulu.

VERLEDE KEER

Amanda het haar liefde aan Reitz verklaar en hy het haar gevra om te trou, Maryke moet ’n nieroorpla­nting kry en Anna het afskeid geneem.

12 – 14 AUGUSTUS

Almal probeer Maryke oorreed om hulp te aanvaar, en Kristien vind uit Bart betaal vir Madie (nie op die skerm nie) se behandelin­g. Maryke sak inmekaar by die salon, en Blitz en Lienkie wroeg oor of hulle vir Johan van hul verhouding moet vertel. Wynand speel oop kaarte met Renate, Fafa oortuig Maryke om Bibi se hulp te aanvaar, en Bart wil met Kristien vrede maak. Die troureëlin­gs veroorsaak wrywing tussen Reitz en Simon.

17 – 21 AUGUSTUS

Maryke kry ’n skenker, Johan vind uit Blitz en Lienkie is weer saam, Bibi vertel vir Koekie die waarheid oor Nesie se sangtalent, en Kristien het ’n afspraak met haar sussie. Nesie se oudisie veroorsaak dat Pottie in ’n penarie beland, Magda en Maryke moet hulself geestelik vir die nieroorpla­nting voorberei, en Nesie vind uit sy het mededingin­g. Kristien is besig om halsoorkop verlief te raak, almal hou asem op wanneer Maryke haar nieroorpla­nting ondergaan, en Lulu deel haar intieme dilemma met Candice.

24 – 25 AUGUSTUS

Bart ontdek hy het mededingin­g, en die resultate van Magda en Maryke se mediese studie veroorsaak skokgolwe. Daar heers chaos in Reitz se huis, en Blitz doen ’n groot stap.

SPELERS: Amanda Natasja Jacobs • Anastasia Jenine Grobler • Anna

Redelinghu­ys Kate Roothman • André Beltrame Luan Els • Anton

Tiaan Kelderman • Bart Smith Pierre Breytenbac­h • Bibi Bhele Stephanie Baartman • Blitz (Johan) Vermeulen • Candice Claudia Jones • Charlie

Jürgen Hellberg • Divan David Konrad • Fafa Beltrame Altus Theart • Festus Koekemoer Louis van Niekerk • Ilse Smith Marisa Drummond • Jana Kritzinger Juanita de Villiers Velts • Johan Vermeulen Dirk Jacobs • Jordan James Theodore Jantjies • Koekie Koekemoer Rina Nienaber • Kristien du Toit Marlee van der Merwe • Liam Willemse David Johnson • Lienkie Mandi du Plooy-Baard • Lulu Ansu Visser • Magda

Elzabé Zietsman • Maggie Gretha Brazelle • Maryke Beltrame Marijke

Coetser • Mia Louise van Greunen • Nesie (Evonique) Melissa Massyn

• Nina Jocelyn Broderick • Pottie Christo Compion • Reitz Bekker Sean van Noordwyk • Renate Greeff Christel van den Bergh • Ryno Roberts

Adrian Steyn • Schalk Brand Johan Scholtz • Simon Greeff David Louw

• Thinus de Wet Arno Marais • Virginia Vicky Kente • Wynand Steyn

Hanno Hattingh • Yvonne Greeff Karin Retief

 ??  ?? Lulu (links) en Simon se eienaardig­e families gaan hulle nie van stryk af bring nie.
Lulu (links) en Simon se eienaardig­e families gaan hulle nie van stryk af bring nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa