TV Plus (Afrikaans)

The Rookie

Seisoen 2 M-Net (*101) 20:00 Aksie

-

Die LAPD se nuutste opleidings­beampte, Nyla Harper (Mekia Cox, die epidemiolo­og Robin Charles van 20162019 in die mediese drama Chicago Med, 2015-nou), gee haar rekruut, John Nolan (Nathan Fillion, Malcolm in die sci-fi-reeks Firefly, 2002-2005) opdraande. “Nyla probeer steeds uitwerk wie sy is ná jare se werk onder die dekmantel,” sê Mekia. “Sy daag op as die hardekwas opleidings­beampte en maak die lewe moeilik vir John en sy span.”

1 Die 38-jarige aktrise is op die VSA se Virginiese Eilande gebore voordat die gesin na Orlando, Amerika, verhuis het toe sy 7 was. Sy het al op2 jaar gedans en vroeg reeds geweet sy wil ’n loopbaan op die verhoog hê.

2 Maar sy wou ook sing. Op laerskool het sy in die skoolkoor gesing en aan danskompet­isies deelgeneem. Sy het eers later op hoërskool by toneelspel betrokke geraak.

3 Mekia skerts haar eerste profession­ele werk was om as 7-jarige in die parade van Disney se Magic Kingdom in Orlando te dans. Haar eerste groot TV-rol was dié van prinses Tiana in die fantasiere­eks Once Upon A Time (2011-2018) van 2017-2018.

4 Wanneer sy nie toneelspee­l nie, kettingkyk sy haar gunsteling­reekse. “Ek is dol oor Westworld (2016nou) en Game Of Thrones (2011-2019). Ek hou ook van videospele­tjies. Ja, ek’s ’n totale rekenaar-bleeksiel,” skerts sy.

5 Sy is in April 2018 met haar skoolliefd­e, Britt Leach, getroud. Hulle het ’n dogter, maar Mekia wil nie haar naam onthul nie.

 ??  ?? Mekia Cox hou die rekrute in The Rookie op hul tone as Nyla Harper.
Mekia Cox hou die rekrute in The Rookie op hul tone as Nyla Harper.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa