TV Plus (Afrikaans)

Perry Mason

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:00 Drama

-

Die Kanadese aktrise Tatiana Maslany (Sarah Manning en verskeie ander klone in die sci-fi-reeks Orphan Black, 2013-2017) geniet dit gate uit as die flambojant­e evangelis suster Alice McKeegan in die dramareeks Perry Mason (2020), ’n nuwe weergawe van die gelyknamig­e reeks van 1957-1966. “Ek het dit geniet om suster Alice te speel, wat byna soos ’n rockster is, want mense volg haar en sy het hierdie groot optredes,” sê Tatiana.

1 Die 34-jarige aktrise het daarvan gedroom om te dans. “Ek het gedans vandat ek 4 jaar oud was en wou altyd die middelpunt van die aandag wees, maar die toneelgogg­a het my op 9 jaar gebyt toe ek in ’n skoolopvoe­ring gespeel het.”

2 As kind het sy en haar twee jonger broers, Daniel en Michael, speelspeel hul eie flieks in hul agtertuin gemaak.

3 Hoewel sy in 2008 ’n klein rol as Zeppelin Dyer in die musiekdram­areeks Instant Star (2004-2008) gehad het, en ook as Kit Bailey van 2008-2010 in die gesinsdram­a Heartland (2007nou), was Orphan Black haar kans om haar naam in the TV-bedryf te vestig.

4 Sy is ’n groot sci-fi-aanhanger en het selfs oudisies gedoen vir verskeie rolle in die Star Wars-flieks Rogue One: A Star Wars Story (2016) en Star Wars: Episode VIII – The Last Jedi (2017).

5 Wanneer sy nie werk nie hou Tatiana daarvan om die heuwels rondom Los Angeles op haar bergfiets te verken, of jy sal haar raakloop wanneer sy op haar rollemskaa­tse gaan inkopies doen.

 ??  ?? Tatiana Maslany het haar droomloopb­aan as die oordadige suster Alice.
Tatiana Maslany het haar droomloopb­aan as die oordadige suster Alice.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa