TV Plus (Afrikaans)

The Sinner

Seisoen 3 M-Net (*101) 22:00 Drama

-

Die rol van die gekwelde onderwyser Jamie Burns (42) in die derde seisoen van die antologie-dramareeks The Sinner (2017-nou), het die uiterste inspanning van die akteur Matt Bomer (die swendelaar Neal Caffrey in die dramareeks White Collar, 2009-2014) vereis. “Jamie is weens sy geestelike onstabilit­eit een van die komplekste karakters in hierdie seisoen,” sê Matt. “Ek moes die innerlike demone besweer om ná ’n dag op die stel van die karakter af te skakel.”

1 Matt was as Ken in die fliek Magic Mike (2012) en die vervolg Magic Mike XXL (2015) heel gemaklik daarmee om die vroue in slegs sy onderklere toe te sing. Hy is in 2010 deur die opera- en Broadway-sanger Kelli O’Hara genooi om die liedjie It Only Takes A Moment te sing. Matt het verlede jaar ook ’n enkelsnit, People Like Us, uitgereik.

2 Sy eerste toneelspel­rol was in 2000 as Ian Kipling in die sepie All My Children (1970-2011). Dit is gevolg deur sewe episodes as die reeksmoord­enaar en manlike prostituut Ben Reade in die sepie Guiding Light (1952-2009) van 2002-2003. Hy het ook as Luc Johnston van 2003-2004 in die reeks Tru Calling (2003-2005) oor bonatuurli­ke verskynsel­s gespeel, en as die slegte ou Bryce Larkin in die aksiereeks Chuck (2007-2012) van 2007-2009.

3 Hy het 18 kg afgeskud vir sy rol as die vigslyer Felix Turner in die TV-fliek oor MIV/vigs The Normal Heart (2014).

4 Matt is sedert 2011 getroud met ’n reklame-agent Simon Halls. Hulle het drie kinders deur middel van surrogaat-moederskap: dogter Kit (15) en tweelingse­uns Walker en Henry (12).

 ??  ?? Jamie is een van Matt Bomer se moeilikste karakters tot dusver. Op die inlasfoto is Matt as Bryce Larkin in Chuck.
Jamie is een van Matt Bomer se moeilikste karakters tot dusver. Op die inlasfoto is Matt as Bryce Larkin in Chuck.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa